Só bly graad 9-Bonnies besig
Wat doen Bonnies met hul vrye tyd tydens die grendeltyd? ‘n Steekproef van 25 gr.9-leerders is gevra hoe hulle hul tyd spandeer gedurende die Covid-19 grendeltyd. Die opsies was: oefening, flieks/reekse kyk, rekenaarspeletjies, skoolwerk, gesels met vriende via Whatsapp of tyd spandeer op sosiale media. Die resultate:
Self-isolasie: natuur rus, mense stres
Weens die COVID-19 virus het die meeste lande ‘n tuisblybevel uitgereik wat mense verbied om rond te beweeg, behalwe vir die uitvoer van noodsaaklike take of dienste. Hierdie drastiese aksie beoog om die verspreiding van die virus te vertraag, maar dit is definitief nie al wat dit gaan doen nie. Omdat mense op een plek…
Matrieks se visie vir 2020…
Met die oog op die COVID-19-grendeltyd en sosiale distansiering daarná, het dié jaar se matrieks meer as 20/20-visie nodig vir die pylvak van hul skoolloopbaan. Ek het ‘n paar matrieks gevra hoe hulle die res van hul matriekjaar sien verloop en wat hulle opinie is oor COVID-19. Keith Arnolds, onderhoofseun, skryf die volgende…
Koronavirus laat wêreld ZOOM
Sedert die pandemie toegeneem het, het duisende onderwysinstellings na Zoom oorgeskakel. Die maatskappy het in baie lande gratis dienste aan skole begin bied, maar nie in Suid-Afrika nie. Op een dag is die Zoom-toep 343 000 keer afgelaai met ongeveer 18% daarvan afkomstig uit die Verenigde State. Zoom het in die eerste maande van 2020…
Skoolwerk nie ingeperk
Skole regoor Suid-Afrika is in rep en roer nadat president Cyril Ramaposa op 23 Maart ‘n landswye inperking aangekondig het, wat op 26 Maart om middernag begin het. Aangesien leerders a.g.v. die inperking verplig word om tuis te bly is onderwysers en leerders se grootste bekommernis die voltooiing en hersiening van werk voor die Junie-eksamen…
Mini-gholfdag slaan raak
Hoërskool Bonnievale (HSB) se jaarlikse mini-gholfdag is vanjaar op 7 Maart 2020 te midde van snikhete temperature gehou. Dit was weer ‘n suksesvolle dag vol opwinding en baie pryse. Die gholfdag was hoofsaaklik ‘n fondsinsameling vir HSB se koshuis, Huis Kalie Heese, en ‘n deel gaan ook na die skool. Verskeie projekte word hieruit befonds.…
Wat soek jy?: Verlore items by HSB
Die skoolklok lui. Dit is die einde van die skooldag en die leerders stroom by die hekke uit. Die skool lyk verlate, maar tog is die skoolterrein alles behalwe leeg. In ‘n boom hang ‘n vergete sweetpakbaadjie, ‘n sportsak en kosblik lê voor ‘n klas, ‘n trui op ‘n bankie en een skoolskoen voor in…
Lofsang eggo in HSB-skoolsaal
Op Woensdag 19 Februarie 2020 is ‘n CSV Worship-aand in die skoolsaal van Hoërskool Bonnievale gehou. Alle leerders van graad 1 tot 12 was welkom om die geleentheid by te woon. Vele leerders het die aand bygewoon. Die aand is geopen met ‘n boodskap deur oud-HSB-leerder, Francois Tredoux, en daarna het leerders lof besing…
Klaskamerkokke van formaat
Hoërskool Bonnievale (HSB) se gr.6-leerders het onlangs aan beoordelaars bewys dat hulle kán kook. Op 13 Februarie 2020 het die gr.6’e ‘n MasterChef-komptetisie gehou. Daar was ‘n groot verskeidenheid disse: van hamburgers en biltongpasta tot Crème Brûlée en gekrummelde sampioene wat die beoordelaars verras het. Nege groepe moes teen mekaar meeding. Die wenners van die…