Skoolwerk nie ingeperk

Skoolwerk nie ingeperk


John Broodryk (gr. 11) druk besig met sy selfstudie. Foto: verskaf

Skole regoor Suid-Afrika is in rep en roer nadat president Cyril Ramaposa op 23 Maart ‘n landswye inperking aangekondig het, wat op 26 Maart om middernag begin het.

Aangesien leerders a.g.v. die inperking verplig word om tuis te bly is onderwysers en leerders se grootste bekommernis die voltooiing en hersiening van werk voor die Junie-eksamen afskop.

Leerders van Hoërskool Bonnievale (HSB) is volgens hul grade in Whatsapp-groepe opgedeel waarop daar elke dag kommunikeer word en werk vir die dag/week deurgegee word, met die klem op hersiening van die eerste kwartaal se werk. Daar word van leerders verwag om hul werk volledig te voltooi en daarna die werk na te sien met behulp van die antwoorde wat op die onderskeie groepe gedeel word.

Mnr. Johan Els (skoolhoof van HSB) sê: “Ons kan nie die virus wegwens of ignoreer nie. Dit is ʼn gegewe. Ons plan van aksie moet egter realisties wees en die grootste moontlike groep leerders kan akkomodeer en daarom is die skool se beleid om primêr te fokus op hersiening. Teen die tyd wat ons wel weer met skool begin is almal op dieselfde plek en is almal se basis van kennis so goed vasgelê dat ons vinniger kan vorder met die afhandeling van nuwe werk. Alle leerders moet dus met groot verantwoordelikheid die hersieningsopdragte wat deurgestuur word uitvoer. As dit gebeur is ek baie positief en glad nie bekommerd oor die afhandeling van werk nie. Ons gaan hierdie krisis hanteer, want ons kan!”

Die boodskappe en aktiwiteite wat onderwysers op WhatsApp aan leerders deurgee, verskyn ook hier: https://hsbonnievale.co.za/lockdown

 


2 Replies to “Skoolwerk nie ingeperk”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eight − two =

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!

COVID-19

Vir meer inligting oor COVID-19 besoek die Departement van Gesondheid se webblad sacoronavirus.co.za

Voorwaarts Aanlynskoolkoerant

FREE
VIEW