Tot weersiens, mnr. Albert
Mnr. Albert van Zyl vertel vir Janien oor sy tyd hier by HSB — sy gunsteling dinge om te doen, drome en wat vir hom in die toekoms voorlê.
Mnr. Albert van Zyl vertel vir Janien oor sy tyd hier by HSB — sy gunsteling dinge om te doen, drome en wat vir hom in die toekoms voorlê.
Juf. Billy-Jean Rossouw het die afgelope twee jaar by HS Bonnievale skoolgegee, maar ongelukkig verlaat sy die Bonnies aan die einde van die jaar. Dalicia Manho van Voorwaarts het ʼn onderhoud gevoer met dié Besigheidstudiesonderwyseres. Waarvandaan kom Juffrou oorspronklik? Ek is oorspronklik van Keimoes in die Noord-Kaap, wat 45 kilometer vanaf Upington is. Hoe het…
Ek het die voorreg gehad om 11 tot 15 Desember 2022, soos vele ander hoofleiers van Hoërskool Bonnievale voor my, Die Burger Jeugleierskonferensie by te woon. Mnr. Pierre Albertyn, my buurman, was die eerste hoofleier van Hoërskool Bonnievale om die 16de Burger Jeugleierskonferensie by te woon in 1974. Hy deel die volgende terugblikke met Voorwaarts.…
Die afgelope maand het Hoërskool Bonnievale (HSB) se twee kleurspanne verwoed deelgeneem aan die Kleure-Atletiek en Swemgala om punte bymekaar te maak. As deel van ‘n nuwe inisiatief gaan hierdie nie die finale kleurspanpunte wees nie; die kleurspanne kan deur die jaar nog punte ontvang deur hul deelname aan al die ander skoolaktiwiteite, soos rugby,…
Noudat president Cyril Ramaphosa ‘n sogenaamde oorwinning oor die Kovid19-pandemie aangekondig het, gryp die gr. 10 en 11-leerders die geleentheid aan om reëlings te tref vir die eerste amptelike matriekafskeid en modeparade by Hoërskool Bonnievale sedert 2019. Christiaan de Wet van Voorwaarts het vir twee matriekleerders gevra hoe hulle hieroor voel: Christiaan de WetEk…
HSB het ‘n nuwe kleurekompetisie-puntestelsel-blaadjie omgeslaan. Die kleurekompetisie eindig nou nie meer elke jaar aan die einde van die swemgala in Februarie nie, maar eers in Oktober, kort voor die prysuideling. Leerders kan nou op verskillende gebiede vir die Groen- of Geelspan punte bymekaar maak, bv. deelname op kulturele, akademiese en sportgebied. Hier lewer…
Dit is die begin van ‘n nuwe jaar en met Kovid-19-beperkings wat besig is om gelig te word kon Hoërskool Bonnivale sy nuwe graad 8’s op ‘n spesiale en “normale” manier welkom heet. Tydens die eerste drie dae van skool het die graad 8’s deur ‘n oriënteringsprogram gewerk. Hulle het die naweek van 21 Januarie…
Op 9 September 2021 het die leerders van Huis Kalie Heese Koshuis, of die Koshuiskatte, soos hulle bekendstaan, Kruiskop net buite Bonnievale gaan uitstap. Hulle is met drie skoolbussies na mnr. Daan Louw se plaas geneem, onder toesig van vier volwassenes, mnr. Stefan Prins (koshuisvader), mnr. Michiel de Villiers, juf Carli Wüst en juf. Bernelee…
Die graad 8’s van Hoërskool Bonnievale het ‘n tradisie: ná die eerste week van orientëring plant die klas ‘n graad-8-boom. Die graad 8’s is dan verantwoordelik om die boom te versorg deur byvoorbeeld daarvoor water te gee. “Nuwe besems vee skoon,” dink ek is die mees gepaste manier om ons poging te beskryf. Die eerste…
Ons bevind onsself tans in baie uitdagende omstandighede met die uitbreek van Kovid-19 regoor die wêreld, maar die rekordlae rentekoerse wat daarmee gepaard gaan, het weer geleenthede geskep wat niemand regtig in die plaaslike Bonnievale-eiendomsmark voorsien het nie. Volgens mnr. Petrie Rademeyer, eiendomsagent by Seeff in Bonnievale, het “Bonnievale die afgelope 18 maande sy beste…