Tot weersiens, mnr. Albert
Mnr. Albert van Zyl vertel vir Janien oor sy tyd hier by HSB — sy gunsteling dinge om te doen, drome en wat vir hom in die toekoms voorlê.
Mnr. Albert van Zyl vertel vir Janien oor sy tyd hier by HSB — sy gunsteling dinge om te doen, drome en wat vir hom in die toekoms voorlê.
Alles moet tot `n einde kom. Hierdie kwartaal is die einde van `n groot mylpaal in my lewe, maar die begin van iets groter. Die onderwysers se gunsteling gesegde in die vierde kwartaal aan die graad sewes is altyd: “Julle sal julle sokkies moet optrek anders bly julle net hier in die laerskool.” Party dae…
Die afgelope paar jaar het die klubhuis en snoepie die teiken geword van skelms. Talle inbraak pogings was al geloods by hierdie twee waardevolle geboue. Die eerste inbraak poging hierdié jaar het plaasgevind op 14 April 2023, waar die planke van die klubhuis se deur afgebreek was om toegang te verkry. Op 19 April 2023…
Was dit Meneer se plan om skoolhoof te word ná meneer Els se aftrede? Of is dit net iets wat oor Meneer se pad gekom het? ‘n Bietjie van beide. Ek het nie toe ek jonger was of as jong onderwyser gedink dat ek ‘n skoolhoof sal wil word nie. Toe ek in 2015 ‘n…
Ek het die voorreg gehad om 11 tot 15 Desember 2022, soos vele ander hoofleiers van Hoërskool Bonnievale voor my, Die Burger Jeugleierskonferensie by te woon. Mnr. Pierre Albertyn, my buurman, was die eerste hoofleier van Hoërskool Bonnievale om die 16de Burger Jeugleierskonferensie by te woon in 1974. Hy deel die volgende terugblikke met Voorwaarts.…
In die eerste week van Oktober 2022 is daar ‘n kragopwekker by Hoërskool Bonnievale geïnstalleer. As gevolg van verlengde kragonderbrekings het die skool besluit om ‘n kragopwekker te installeer. Die opwekker dek op die oomblik slegs die graad tien tot twaalf RTT klas en die werkskamer. Die kostes het altesaam ongeveer R75 000 beloop. Die…
Jacobus Viljoen, ‘n oud-Bonnie, wat in 1981 matrikuleer het, deel sy skoolloopbaan met die huidige Bonnies. Jacobus woon nou in Paarl saam met sy vrou. Hy bestuur sy besigheid, JV Fruit and Wine, vanuit sy huis. Jacobus het in graad 4 by Hoërskool Bonnievale aangesluit en het sy skoolloopbaan hier voltooi. Sy pa was die bestuurderwynmaker…
Ivor Swartz se naam het, saam met die woord van Jeugweek 2023, soos ‘n veldbrand onder Bonnievalers versprei. Ivor het Bonnies kom inspireer met sy lewensverhaal tydens Jeugweek, wat plaasgevind het by die NG Kerk Vandermerwe, vanaf 29 Januarie – 1 Februarie. Daar was elke aand ‘n ander tema waaroor uitgebrei en in diepte gesels…
Die afgelope maand het Hoërskool Bonnievale (HSB) se twee kleurspanne verwoed deelgeneem aan die Kleure-Atletiek en Swemgala om punte bymekaar te maak. As deel van ‘n nuwe inisiatief gaan hierdie nie die finale kleurspanpunte wees nie; die kleurspanne kan deur die jaar nog punte ontvang deur hul deelname aan al die ander skoolaktiwiteite, soos rugby,…
Met die nuwe instelling van ‘n “Doen dit nou”-roetine moet leerders van Hoërskool Bonnievale daagliks aan die begin van elke klas vir vyf minute hersiening doen van wat hulle in die vorige les geleer het. Die probleem is egter dat die meeste leerders die werk vergeet en dit is ‘n natuurlike ding wat gebeur in…