Tot weersiens, mnr. Albert
Mnr. Albert van Zyl vertel vir Janien oor sy tyd hier by HSB — sy gunsteling dinge om te doen, drome en wat vir hom in die toekoms voorlê.
Mnr. Albert van Zyl vertel vir Janien oor sy tyd hier by HSB — sy gunsteling dinge om te doen, drome en wat vir hom in die toekoms voorlê.
Abri Botes gesels met Sossi, oftewel Augusta Zietsman, liedjieskrywer, sangeres, aktrise en filmskrywer. Sossi is in Bloemfontein gebore. Sy het groot geword in Kathu en het ná skool Drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer nadat sy haar pa moes oorreed om in te stem tot hierdie beroepskeuse. Daarna het sy in ‘n restaurant in…
Juf. Billy-Jean Rossouw het die afgelope twee jaar by HS Bonnievale skoolgegee, maar ongelukkig verlaat sy die Bonnies aan die einde van die jaar. Dalicia Manho van Voorwaarts het ʼn onderhoud gevoer met dié Besigheidstudiesonderwyseres. Waarvandaan kom Juffrou oorspronklik? Ek is oorspronklik van Keimoes in die Noord-Kaap, wat 45 kilometer vanaf Upington is. Hoe het…
Oud Bonnie, Lleyton Davids is vandag die Suid-Afrikaanse driesprong kampioen! Hy het sy internasionale kleure verwerf in atletiek en is op die oomblik nommer een drie spronger in Suid-Afrika, 5de beste in Afrika en 65ste op die wêreldranglys. ‘n Meer onglangse prestasie wat hy behaal het, is sy deelname aan ‘n 7’s toernooi op Sondag…
Was dit Meneer se plan om skoolhoof te word ná meneer Els se aftrede? Of is dit net iets wat oor Meneer se pad gekom het? ‘n Bietjie van beide. Ek het nie toe ek jonger was of as jong onderwyser gedink dat ek ‘n skoolhoof sal wil word nie. Toe ek in 2015 ‘n…
Ek het die voorreg gehad om 11 tot 15 Desember 2022, soos vele ander hoofleiers van Hoërskool Bonnievale voor my, Die Burger Jeugleierskonferensie by te woon. Mnr. Pierre Albertyn, my buurman, was die eerste hoofleier van Hoërskool Bonnievale om die 16de Burger Jeugleierskonferensie by te woon in 1974. Hy deel die volgende terugblikke met Voorwaarts.…
Jacobus Viljoen, ‘n oud-Bonnie, wat in 1981 matrikuleer het, deel sy skoolloopbaan met die huidige Bonnies. Jacobus woon nou in Paarl saam met sy vrou. Hy bestuur sy besigheid, JV Fruit and Wine, vanuit sy huis. Jacobus het in graad 4 by Hoërskool Bonnievale aangesluit en het sy skoolloopbaan hier voltooi. Sy pa was die bestuurderwynmaker…
Die Suid-Afrikaanse musikant, sangeres, aktrise en TV-aanbieder, Leah, gesels oor haar loopbaan en die groot bydrae wat sy maak tot die bedryf. Sy is gebore en het grootgeword in Bellville in die Wes-Kaap. Sy is geseën met baie talent. Haar debut album Wonderwerk is baie suksesvol. Sy speel ook die hoofrolle in As jy sing…
Me. Wilna Baadjies, een van Hoërskool Bonnievale se algemene assistente, hou van haar werk en om met kinders te werk. Hierdie jaar, 1 September, vier sy haar 29ste werksjaar by HSB. “Ek is in Heidelberg gebore en ons het toe Kaap toe getrek. Ek het daar skoolgegaan tot gr. 3. Daarna het ons Slangrivier toe…
Mnr. Jan du Toit, of Oom Jan soos hy onder die leerders bekendstaan, is een van Hoërskool Bonnievale se algemene assistente wat die skool se tuine en terrein so mooi hou. Hy vertel meer oor wat hy doen in sy werk en deel ‘n paar interessante persoonlike onderwerpe. Hoe lank werk Oom nou al hier…