Tot weersiens, mnr. Albert
Mnr. Albert van Zyl vertel vir Janien oor sy tyd hier by HSB — sy gunsteling dinge om te doen, drome en wat vir hom in die toekoms voorlê.
Mnr. Albert van Zyl vertel vir Janien oor sy tyd hier by HSB — sy gunsteling dinge om te doen, drome en wat vir hom in die toekoms voorlê.
Juf. Billy-Jean Rossouw het die afgelope twee jaar by HS Bonnievale skoolgegee, maar ongelukkig verlaat sy die Bonnies aan die einde van die jaar. Dalicia Manho van Voorwaarts het ʼn onderhoud gevoer met dié Besigheidstudiesonderwyseres. Waarvandaan kom Juffrou oorspronklik? Ek is oorspronklik van Keimoes in die Noord-Kaap, wat 45 kilometer vanaf Upington is. Hoe het…
Die afgelope maand het Hoërskool Bonnievale (HSB) se twee kleurspanne verwoed deelgeneem aan die Kleure-Atletiek en Swemgala om punte bymekaar te maak. As deel van ‘n nuwe inisiatief gaan hierdie nie die finale kleurspanpunte wees nie; die kleurspanne kan deur die jaar nog punte ontvang deur hul deelname aan al die ander skoolaktiwiteite, soos rugby,…
Ek hou baie van rekenaars. Hierdie masjiene het my van kleintyd af gefassineer. Ek kon myself nog nooit ‘n toekoms indink waar ek nie met een sal werk nie. Dit was dus ‘n logiese stap dat ons ‘n plan gemaak het vir my om Inligtingstegnologie (IT) as ekstra skoolvak in graad 10 te neem. Die…
Dit is die begin van ‘n nuwe jaar en met Kovid-19-beperkings wat besig is om gelig te word kon Hoërskool Bonnivale sy nuwe graad 8’s op ‘n spesiale en “normale” manier welkom heet. Tydens die eerste drie dae van skool het die graad 8’s deur ‘n oriënteringsprogram gewerk. Hulle het die naweek van 21 Januarie…
Die graad 8’s van Hoërskool Bonnievale het ‘n tradisie: ná die eerste week van orientëring plant die klas ‘n graad-8-boom. Die graad 8’s is dan verantwoordelik om die boom te versorg deur byvoorbeeld daarvoor water te gee. “Nuwe besems vee skoon,” dink ek is die mees gepaste manier om ons poging te beskryf. Die eerste…
Om 23:35 op Maandag 18 Mei 2020 is daar by Hoërskool Bonnievale (HSB) se saalsnoepie ingebreek. Daar is toegang tot die snoepie verkry deur die roldeur wat oopgebreek is. ‘n Mikrogolfoond, waterstewels en breekware is gesteel. Die kaste is beskadig. Die misdadigers kan op die skool se kamerastelsel gesien word, maar nie uitgeken word nie.…
Hoërskool Bonnievale se personeel het onlangs verander. Mnr. Henrico Hunter is aan die begin van die tweede kwartaal aangestel. Hy het die leisels oorgeneem by juf. Leana Rodrigues en bied Afrikaans aan vir graad 8 tot 10-leerders. Mnr. Johan Els, skoolhoof van HSB, is bly oor die nuwe aanstelling. “Ons is baie gelukkig om op…
Hoërskool Bonnievale (HSB) se jaarlikse mini-gholfdag is vanjaar op 7 Maart 2020 te midde van snikhete temperature gehou. Dit was weer ‘n suksesvolle dag vol opwinding en baie pryse. Die gholfdag was hoofsaaklik ‘n fondsinsameling vir HSB se koshuis, Huis Kalie Heese, en ‘n deel gaan ook na die skool. Verskeie projekte word hieruit befonds.…
Die afgelope naweek was Hoërskool Bonnievale (HSB) bevoorreg genoeg om 80 jaar van hoërskoolstatus te vier. Die verrigtinge het op Vrydag afgeskop met nostalgiese toere deur die geskiedenisryke gange van HSB. Talle oudskoliere, oudonderwysers en oudskoolhoofde is die kans gegun om ná al die jare weer in dieselfde banke te sit as wat hulle jare…