Etiket: rugby

Vleuel vlieg ver vooruit

Vleuel vlieg ver vooruit

Carli Erasmus (gr.11) het die rugbywedstryd teen Jakes Gerwel Tegniese skool, wat op 6 Mei 2022 plaasgevind het, in ‘n spotprent opgesom. Jayduwaan Langeveldt is die vleuel vir die o.19A-span en het ligvoet verby die teenstaanders ‘gevlieg’ en ‘n onverwagse drie gedruk om HSB se oorwinning te verseker. Jana CoetzeeEk hou daarvan om my liefde…

Read More Read More

Bonnies kry nuwe kleurekompetisie-puntestelsel

Bonnies kry nuwe kleurekompetisie-puntestelsel

HSB het ‘n nuwe kleurekompetisie-puntestelsel-blaadjie omgeslaan. Die kleurekompetisie eindig nou nie meer elke jaar aan die einde van die swemgala in Februarie nie, maar eers in Oktober, kort voor die prysuideling. Leerders kan nou op verskillende gebiede vir die Groen- of Geelspan punte bymekaar maak, bv. deelname op kulturele, akademiese en sportgebied.   Hier lewer…

Read More Read More

Sport sonder toeskouers?

Sport sonder toeskouers?

Daar is al soveel gesê en geskryf oor Kovid-19 en die impak wat dit op die samelewing het. Een van die sektore wat tot halt geroep is, is sport. Nie net het spelers verlangend gesit en kyk hoe hulle van die oefenveld gehou word nie, maar van die wedstrydveld ook. Met skolesport wat onlangs in…

Read More Read More

Sportoefeninge put Bonnies uit

Sportoefeninge put Bonnies uit

“Vinnige voete, vinnige voete!” Die meisies moet op hulle tone bly om by te hou. “Kom seun, ‘n rugbyspeler is fiks!” Die seuns moet ook maar net so kophou. Op 3 tot 5 November 2020 het Hoërskool Bonnievale se netbal- en rugbyspanne hul eerste oefeninge, vandat die skool ná inperking weer begin het, bygewoon. Vir…

Read More Read More

Oud maar nie koud – HSB begin Spat-are-rugbyspan

Oud maar nie koud – HSB begin Spat-are-rugbyspan

Die tekort aan rugbywedstryde wat deur die uitdagings van die Kovid-pandemie ontstaan het, kon nie ‘n hoogvat óf ‘n laagvat op ‘n groep onderwysers en rugbyliefhebbers in Bonnievale uitvoer nie. ‘n Paar onderwysers van Hoërskool Bonnievale (HSB) in die Wes-Kaap het besluit dat hulle, ten spyte van ouderdom- en fiksheidsuitdagings, ‘n o.54-rugbyspan op die been…

Read More Read More

Bonnies skop stof in LS Montagu se oë

Bonnies skop stof in LS Montagu se oë

Op Donderdag 9 Mei 2019 het Hoërskool Bonnievale (HSB) se laerskoolrugby- en netbalspanne die spanne van Laerskool Montagu aangevat. Die wedstryd het op die Bonnies se tuisveld plaasgevind. By die byeenkoms het daar sestien netbalspanne en vyf rugbyspanne van HSB deelgeneem. Die meeste van die spanne het met die louere weggestap. Die netbaluitslae is as…

Read More Read More

Bonnies maak skoonskip vs. Ashton

Bonnies maak skoonskip vs. Ashton

Javian wie? Javian Slingers, die linkervleuel van die eerste rugbyspan, was die speler wat die wendrieë vir Hoërskool Bonnievale (HSB) gedruk het toe die Bonnies en Ashton Sekondêr op Dinsdag 24 Julie 2018 te Bonnievale mekaar die stryd aangesê het. Dié o.19A-rugbyspan het in die doodsnikke die wedstryd naelskraap met 24-23 beklink. Die o.15A-rugbyspanne het…

Read More Read More

Uitslae: Bonnies beleef gemengde welslae teen Robertson

Uitslae: Bonnies beleef gemengde welslae teen Robertson

Op Woensdag 25 April 2018 het Hoërskool Bonnievale se hoërskoolrugby- en netbalspanne die spanne van Hoërskool Robertson die stryd aangesê. Die wedstryde het op die Bonnies se tuisveld plaasgevind. Daar het nege netbalspanne en vier rugbyspanne deelgeneem aan die kragmeting, waarvan sewe spanne as oorwinnaars uit die stryd getree het. So het die tellings gelyk: O.15A-netbalspan:…

Read More Read More

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights