Karonavirus laat wêreld ZOOM

Karonavirus laat wêreld ZOOM


Studente tydens ‘n Zoom-sessie. Foto: CionDesk

Sedert die pandemie toegeneem het, het duisende onderwysinstellings na Zoom oorgeskakel. Die maatskappy het in baie lande gratis dienste aan skole begin bied, maar nie in Suid-Afrika nie.

Op een dag is die Zoom-toep 343 000 keer afgelaai met ongeveer 18% daarvan afkomstig uit die Verenigde State.

Zoom het in die eerste maande van 2020 meer as 2,22 miljoen gebruikers gekry – meer gebruikers as wat dit in totaal in 2019 bymekaargemaak het.

Zoom is gratis kommunikasiesagteware waarmee baie mense vanaf verskillende plekke in die wêreld met mekaar kan gesels, kuier of konferensiedienste op dieselfde tyd kan geniet.

Zoom word hoogs aanbeveel deur huidige gebruikers. Dit is maklik om af te laai, te implementeer en te gebruik.

Die produk is beskikbaar vir jou rekenaar, skootrekenaar en slimfoon. Die gratis weergawe gee toegang tot en met ‘n 100 mense wat gelyk met mekaar kan kommunikeer vir 40 minute lank. As jou 40 minute verby is, begin ‘n mens net ‘n nuwe sessie. Daar is geen beperking op die hoeveelheid sessies wat jy kan hou nie.

Jy kan ‘n bekostigbare pakket kies wat vir jou onbeperkte toegang tot die toep bied.  Dit is ideaal vir groot of klein ondernemings en lewer uitsonderlike klank-, video- en skermdelingservaring oor toestelle met Windows, Android en iOS, én verhoog produktiwiteit.

Tydens die Covid-19-pandemie is Zoom die ideale oplossing vir aanlyn klasse. Onderwysers en leerders kan op ‘n geskeduleerde tyd op die program inskakel en op dié manier steeds onderrig ontvang. Ongelukkig vereis Zoom dat ‘n mens dat jy toegang tot data moet hê, wat dit minder geskik maak vir die meerderheid Suid-Afrikaanse leerders.

Vanaf Januarie tot Maart 2020 het die gebruik van Zoom met 67% gestyg namate skole en ondernemings die platform vir afstandwerk in gebruik geneem het as gevolg van die Karonavirus-pandemie.

Jong paartjies kommunikeer met mekaar deur Zoom Blind Dates. Zoom het ook gewild geword onder ouer gebruikers en gesinne, geskei deur voortgesette riglyne en mandate vir sosiale distansiëring tydens die Covid-19-kwarantyntyd.

Zoom se hoofkantoor is in San Jose, Kalifornië. Zoom is in 2011 gestig deur Eric Yuan, ‘n hoofingenieur van Cisco Systems in samewerking met WebEx. Die diens is in Januarie 2013 begin, en teen Mei 2013 het dit een miljoen gebruikers gehad.

Die kwaliteit en klank is baie beter as ander applikasies en is gebruikersvriendelik. Die program is maklik om op te stel en te verstaan. Ek beveel hierdie program aan en daag jou uit om dit op die proef te stel – AS jy data het!


2 Replies to “Karonavirus laat wêreld ZOOM”

  1. Goeie werk Alicha! Jy het baie deeglike ondersoek gedoen en goeie inligting gekry, ek hou van die berig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × 5 =

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!

COVID-19

Vir meer inligting oor COVID-19 besoek die Departement van Gesondheid se webblad sacoronavirus.co.za

Voorwaarts Aanlynskoolkoerant

FREE
VIEW