Skrywer: Heinrich Wentzel

Ek is 'n trotse leerder van Hoërskool Bonnievale. Tussen my familie en naaste vriende is ek op my gelukkigste. Ek is mal oor uitdagings en ek is baie lief vir my moedertaal.
Die waarheid agter Bonnie-selfoongebruik

Die waarheid agter Bonnie-selfoongebruik

Die afgelope paar weke word daar in Hoërskool Bonnievale (HSB) weer baie klem geplaas op die verbod op selfoongebruik in klasse en op die skoolterrein. Volgens die skool se gedragskode word Bonnies nie toegelaat om selfone tydens skooltyd te gebruik nie. Oproepe mag slegs vir noodgevalle, met die skoolhoof se toestemming, gebruik word. Heinrich Wentzel…

Read More Read More

BOSS maak Bonnies bewus

BOSS maak Bonnies bewus

BOSS (Bonnievale Outisme Sorgsentrum) het 23 tot 25 Mei bewusmaking van outisme onder die Bonnies gekweek. Die BOSS-personeel en -inwoners het as ‘n groep die leerders van Hoërskool Bonnievale (HSB) in die skoolsaal besoek en het Bonnies die kans gebied om interessante feite oor die BOSS-inwoners te leer. Daar word gereeld aktiwiteite met die inwoners…

Read More Read More

Bonnie-Voortrekker as fakkeldraer

Bonnie-Voortrekker as fakkeldraer

Roelof-Willem van der Merwe, gr. 12-leerder van Hoërskool Bonnievale (HSB), het op die vooraand van geloftedag (15 Desember 2021) die Voortrekkers se historiese feesfakkel gedra. Meer as ‘n honderd gr. 5- tot gr. 11-Voortrekker-kinders het hom vergesel om die brandende fakkel vanaf Fort Schanskop na die trappe voor die Voortrekkermonument (VTM), Pretoria, te neem. Daarna…

Read More Read More

Bonnie presteer in Beeld-skryfkompetisie

Bonnie presteer in Beeld-skryfkompetisie

Heinrich Wentzel van Hoërskool Bonnievale het ‘n vierde plek behaal in Beeld se nasionale Skryfkompetisie. Hy het in die kategorie Afrikaans Huistaal vir Hoërskole deelgeneem. Hier volg sy wenopstel: Bloukol Soos my ma met grimering die bloukolle op haar gesig toesmeer, snik sy elke nou en dan. Sy kyk na my met pyn in haar oë…

Read More Read More

HSB-wiskunde steek nie lyf weg nie

HSB-wiskunde steek nie lyf weg nie

Hoërskool Bonnievale (HSB) se matriekklas van 2020 het onlangs spoggerige nuus oor hulle Wiskunde-uitslae ontvang. Op 31 Julie 2021 het Die Burger HSB aangewys as een van die 20 Afrikaanse skole met die beste wiskunde-uitslae in die Wes-Kaap, volgens die matriekeksamenuitslae van 2020. “Ek is baie dankbaar vir die prestasie en trots op die matriekklas…

Read More Read More

Nuwe burgemeester slaggereed vir termyn

Nuwe burgemeester slaggereed vir termyn

Mnr. Schalk van Eeden is onlangs as die nuwe burgemeester van die Langeberg-munisipaliteit verkies ná die afsterwe van mnr. Henry Jansen, die vorige burgemeester. Mnr. Jansen het die stryd teen Kovid-19 verloor. Heinrich van Voorwaarts Skoolkoerant van Hoërskool Bonnievale het met mnr. Van Eeden gesels. Was dit deel van u toekomsplan om burgemeester te word? Nee,…

Read More Read More

Oscars deel van matrieks se geesdag-Vrydae

Oscars deel van matrieks se geesdag-Vrydae

Vrydae by HSB (Hoërskool Bonnievale) is deesdae nie meer net nog ‘n doodgewone skooldag nie. Sedert 5 Junie 2020 kry die matrieks van HSB die geleentheid om op Vrydae iets aan te trek wat gewoonlik as onvanpaste skooldrag beskou sou word. Mnr. Johan Els, skoolhoof van HSB, het die gr. 12-leerders toegespeek toe hulle vir…

Read More Read More

Webinaar deel wyse wenke

Webinaar deel wyse wenke

Redaksielede van HSB (Hoërskool Bonnievale) het onlangs ‘n geleentheid vir kennis en ervaring aangegryp en baie wyser geword ten opsigte van die uitleg van skoolkoerante. Anja du Plessis, Marlé Oosthuizen en Heinrich Wentzel, gr. 10-redaksielede van HSB se Voorwaarts-skoolkoerant, het op 29 April 2020 Beeld se insiggewende aanlyn opleidingsessie vir gedrukte en digitale uitleg van…

Read More Read More

Klaskamerkokke van formaat

Klaskamerkokke van formaat

Hoërskool Bonnievale (HSB) se gr.6-leerders het onlangs aan beoordelaars bewys dat hulle kán kook. Op 13 Februarie 2020 het die gr.6’e ‘n MasterChef-komptetisie gehou. Daar was ‘n groot verskeidenheid disse: van hamburgers en biltongpasta tot Crème Brûlée en gekrummelde sampioene wat die beoordelaars verras het. Nege groepe moes teen mekaar meeding. Die wenners van die…

Read More Read More

Bonnies en onnies sáám op sosiale media: werklik ‘n doring in die vlees?

Bonnies en onnies sáám op sosiale media: werklik ‘n doring in die vlees?

In vandag se tyd is daar soms leerders wat saam met hul onderwysers op sosiale media verskyn of wat saam met hulle onderwysers foto’s neem. Hierdie is ‘n saak waaroor baie mense se opinies verskil. Heinrich Wentzel het by ‘n paar Bonnies en HSB-onderwysers gaan hoor wat hulle hieroor te sê het. Nelius Möller, hoe…

Read More Read More

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights