Self-isolasie: natuur rus, mense stres

Self-isolasie: natuur rus, mense stres


Weens die COVID-19 virus het die meeste lande ‘n tuisblybevel uitgereik wat mense verbied om rond te beweeg, behalwe vir die uitvoer van noodsaaklike take of dienste. Hierdie drastiese aksie beoog om die verspreiding van die virus te vertraag, maar dit is definitief nie al wat dit gaan doen nie.

Omdat mense op een plek bly het die aantal besoedeling veroorsaak deur fossielbrandstofaangedrewe vervoermiddels, soos karre en vliegtuie, dramaties verminder. Die sluiting van nie-noodsaaklike fabrieke het ook elektrisiteitaanvraag en dus elektristeitopwekking, waarvan ‘n groot deel steenkool verbranding is, verlaag.

Dit het die lugbesoedeling in plekke soos China en Italië aansienlik verminder tydens die self-isolasie-tydperk, wat vir prof. Róisín Commane van die Universiteit van Columbië, gelei het om te sê: “Ek verwag dat ons die kleinste styging in Mei sal bereik op die piek CO2 wat ons sedert 2009, of selfs tevore, op die Noordelike Halfrond gehad het.”

Verskil in lugbesoedeling van China normaalweg teenoor besoedeling tydens kwarantyn. Foto: The Guardian

Daar is ook verskeie foto’s oor sosiale media versprei oor die skoner lug en waterweë.

Hierdie verbetering is egter heel waarskynlik tydelik en ná die terugkeer na normale beweging en kragverbruik, sowel as regerings se aksies om die ekonomie te stimuleer, sal dit weer styg.

Van die goeie na die slegte: wat is die moontlike uitwerking van kwarantyn op mense se geestesgesondheid? Verskeie studies is al gedoen, maar voor ek die statistiek deel, wil ek graag aandag daarop vestig dat hierdie studies gedoen is op relatief klein groepe wat aan hoogs gevaarlike en aansteeklike siektes blootgestel is en nie op mense wat self-isolasie toepas nie. Daar is dus verskille in die situasies, soos die wete vir hoe lank dit sou wees, ekonomiese en werksekerheid en ‘n aansienlike hoër kans dat hulle die siekte opgedoen het as die meeste van ons wat self-isolasie toepas.

Een studie het bevind dat hospitaalpersoneel wat in kwarantyn geplaas is opmerklik meer geneig was om die volgende te ervaar: uitputting, angs by die behandeling van koorsagtige pasiënte, prikkelbaarheid, slapeloosheid, swak konsentrasie en besluiteloosheid, verslegtende werkprestasie, onwilligheid om te werk en oorweging van bedanking.

‘n Ander studie het bevind dat kinders wat in kwarantyn geplaas is vier keer hoër post-traumatiese strestellings gehad het as kinders wat dit vrygespring het en dat 28% van ouers in kwarantyn diagnoseer kon word met trauma-verwante geestesversteurings teenoor 6% van ouers wat nie gekwarantyn was nie.

Weens al die mense wat nie van die huis kan werk nie, moet die ekonomie sekerlik ineenstort of hóé? Wel, daardie een is bo my vuurmaakplek, so hier is ‘n  artikel daaroor as jy belangstel: 5 charts that show the global economic impact of coronavirus

Wat ook al gaan gebeur, sover het die mens ‘n verstommende talent vir aanpassing getoon.


2 Replies to “Self-isolasie: natuur rus, mense stres”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seven − 6 =

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!

COVID-19

Vir meer inligting oor COVID-19 besoek die Departement van Gesondheid se webblad sacoronavirus.co.za

Voorwaarts Aanlynskoolkoerant

FREE
VIEW