Sit… KARPLAKS!

Sit… KARPLAKS!


Al hoe meer stoele breek in HSB-klaskamers. Foto: Adele de Wit

Drie jaar gelede, toe HSB uitgebrei het, het die skool 235 blou plastiekstoele vanaf die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) ontvang. Binne die eerste twee maande het die eerste stoel gebreek.

Die stoele breek as gevolg van kinders wat daarop ry, maar ook as gevolg van die swak materiaal en sweiswerk. Op hierdie stadium het daar reeds sewe stoele gebreek. Vier het gebreek in mnr. Stefan Prins (Afrikaansonderwyser) se klas, twee in juf. Michelle van Zyl (gr.8 en 9-onderwyser) en een in juf. Surita Brink (Lewensoriëntering en Geografie) se klas.

‘n Stoel wat se pote gebuig is. Foto: Adele de Wit

Mnr. Lourentius Kirstein (adjunkhoof) sê: “Ons is baie dankbaar teenoor die WKOD dat ons wel meubels ontvang het. Ek voorsien dat indien ons nie nog stoele ontvang nie, dit op ’n stadium ’n gereelde item in die begroting sal raak aangesien die stoele in die skool baie oud is en die pote deurgeskuur is en die houtvloere beskadig.”

“Ek dink dit is erg hoe vinnig die stoele breek, maar dis nie omdat die stoele dalk swak gemaak is nie, maar ook omdat sommige kinders bydra tot die breek van die stoel. Sommige kinders ry op die stoele nadat Juffrou of Meneer vir hulle gesê het om op te hou om die stoel te ry. Sommige ander kinders val op die stoel neer in plaas daarvan om ordentlik te gaan sit; dus buig die pote van die stoel en soms breek dit af, ” is die mening van Juan-Jark Venter, ‘n gr.12-leerder.

Mnr. Prins voeg by: “Ek dink die stoele ís baie swakker gemaak as byvoorbeeld die saalstoele. Maar ek wonder of sommige kinders se gewig en die feit dat so min van hulle fiks bly nie ook ‘n rol speel nie.”


2 Replies to “Sit… KARPLAKS!”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three × 3 =

COVID-19

Vir meer inligting oor COVID-19 besoek die Departement van Gesondheid se webblad sacoronavirus.co.za

Voorwaarts Aanlynskoolkoerant

FREE
VIEW