Pietie Beyers: So loop my raad vir skool

Pietie Beyers: So loop my raad vir skool


Ek het die eer gehad om vir die laaste paar maande via epos met die einste Piete Beyers te kommunikeer. Ek het ‘n redelike goeie idee van hoe hy skryf. Positief, eerlik en altyd in GROOT GEDRUKTE WOORDE. Dit is sy skryfstyl.

Hy is nie net ‘n fees van ‘n mens nie, maar ook ‘n skrywer, akteur en aanbieder. Hier volg sy raad vir skoollewe, alledaagse lewe en alle ander lewens-aspekte:

Pietie Beyers is elke weeksdag om 16:30 te sien op kanaal 147 as die aanbieder van die kennis kompetiesie, Blitsbrein.

My naam is Pietie Beyers en ek voel super lucky en opgewonde om vir julle hierdie vinnige boodskap te kan skryf. Dankie Anja Du Plessis vir die uitnodiging en baie dankie liewe Voorwaarts-leser dat jy nou hierdie lees!

As ek aan Bonnievale dink, dink aan groen, mooi en vars. Alhoewel ek tans in Johannesburg woon, was ek in die Kaap op skool en ek sal wát gee om nou daar by julle in die Wes-Kaap te kom kuier – die Langeberge is besonders special. Ek wens ek kon sommer NOU in Bonnievale kom hallo sê!

Ek hoop julle is almal okay en gesond in hierdie vreemde tye. Ek het al sélf my paaie en draaie in die lewe geloop en ek weet dat dinge nie altyd maklik is nie.

Skool, byvoorbeeld, was van my moeilikste tye in my lewe. Nie noodwendig oor die werk nie, maar oor alles ánders. Om cool te probeer wees is so blerrie uitputtend! 😉

My ouers het die dag voor my Graad 8-kamp laat weet dat hulle gaan skei en ek het nooit gedink dit sou met my familie gebeur nie. Hoërskool was vir my ‘n warrelwind. Solank ek net my onsekerhede agter my windgat houding kon wegsteek, sou niemand uitvind (of so het ek gehoop!) dat ek eintlik net nie geweet hoe om met mense te connect nie. Ek het nie eers geweet hoe of wie ek rêrig is nie!

Ek wens soms ek kon teruggaan en vir myself sê: ‘Gesels met almal. Wees gaaf. When in doubt, be kind.’ Ek belowe jou: Nice-wees is cooler as cool-wees.

Eendag sal jysélf besef nice-wees is cooler as cool-wees. Ek wens ek het dit besef toe ek jóú ouderdom was – jy wat nou hierdie lees. Maar as jy dit nie nóú besef nie, dis ook okay, die lewe is sy eie les. Ek leer nóú nog en ek voel op 31 asof ek al 200 lewens geleef het!

GENIET JOU LEWE! Wees respekvol en die respek sal na jou toe terugkom. Jip…it works. Hou moed.

Pietie het ook ‘n gewilde podcast, saam met sy vriend en vennoot Niel Kidd, genaamd So loop hy maar.

Besef dat boelies onsekerhede wegsteek. Ek belowe jou.

Wees gaaf met ander. Wees gaaf met álmal: Swart, bruin, wit, snaaks, slim, sportief, nerdy,  A-kandidaat, F-kandidaat, straight, gay, rugby, netbal, koor, hokkie, leerder, onderwyser, skoolhoof, ouer, skoonmaker, armes, rykes en almal anders ook!

Ek gee nie om wié dit is nie. Hoor dit maar nou van iemand wie soms wéns hy was meer approachable

Wees gaaf met álmal. Of selfs net bietjie gawer…begin sommer NOU. Ek belowe jou jy sal uiteindelik bly wees.

(En weet jy wat, selfs al ís jy nie altyd so nice nie – ek judge jóú ook nie! Ons almal is net mense.)

Baie belangrik, wees ook gaaf met jouself. Jy is ‘n goeie mens. Ek ken jou nie persoonlik nie, maar ek wéét dit. En ek weet mens wíl cool wees, maar wees net jouself en jy sal op die langpad wen.

Toe ek op skool was, sou ek sukkel om hierdie in te neem, maar ek het dit eintlik benodig…

Baie sterkte aan almal met hierdie crazy, crazy jaar verder – ek weet julle het super baie uitdagings in 2020! High 5’s en liefde vir ALMAL van julle vanaf die skool-van-die-lewe tot die skool van Bonnievale! 😉

Sien julle op die pad…

 Kyk hier na Beyers se nuutste film, Wesens, se lokprent:


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

9 − 1 =

Voorwaarts Skoolkoerant

COVID-19

Vir meer inligting oor COVID-19 besoek die Departement van Gesondheid se webblad sacoronavirus.co.za