Graad 8’s vinnig en vurig aan die gang

Graad 8’s vinnig en vurig aan die gang


Die gr.8’s besig om tou te trek teen die matriek-en gr.11-VRL. Foto: Janke Brink

2019 se graad 8’s van Hoërskool Bonnievale het dadelik besig geraak met aktiwiteite om hulle bekend te stel aan mekaar en aan HSB se reëls en regulasies.

Hulle het onder andere in die eerste week van skool saam as ‘n klas aktiwiteite gedoen soos netbal, sokker en toutrek.

Die graad 8’s het ook vanaf Vrydag 11 Januarie tot Saterdag 12 Januarie ‘n oornagkamp by die skool bygewoon. Hier het hulle verskeie spanaktiwiteite gedoen en ‘n boom geplant wat hulle verder deur hul skool loopbaan moet versorg.

Die gr. 8’s staan Saterdagoggend bo-op die koppie wat oor Happy Valley en ander dele van Bonnievale kyk. Foto: Fleur Slot

Saterdagoggend vroeg het hulle vanaf die skool tot op die koppie wat oor Happy Valley uitkyk, gestap.

Die verskillende aktiwiteite wat die leerders gedoen het, het hulle gehelp om mekaar beter te leer ken en ook gemaklik te begin voel as trotse Bonnies. Carli Erasmus, ‘n gr. 8-leerder, sê: “Dit was vir my baie lekker om al die kinders te leer ken en ek voel baie meer gemaklik om die jaar aan te pak.”


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

7 − seven =

Voorwaarts Skoolkoerant