Graad 8’s 2021 kies kant oor vakke
Hoërskool Bonnievale se graad 8’s van 2021 is byna aan die einde van hul eertse hoërskooljaar. ‘n Opname onder 30 graad 8-leerders wys watter vak hul gunsteling is.
Hoërskool Bonnievale se graad 8’s van 2021 is byna aan die einde van hul eertse hoërskooljaar. ‘n Opname onder 30 graad 8-leerders wys watter vak hul gunsteling is.
Heinrich Wentzel van Hoërskool Bonnievale het ‘n vierde plek behaal in Beeld se nasionale Skryfkompetisie. Hy het in die kategorie Afrikaans Huistaal vir Hoërskole deelgeneem. Hier volg sy wenopstel: Bloukol Soos my ma met grimering die bloukolle op haar gesig toesmeer, snik sy elke nou en dan. Sy kyk na my met pyn in haar oë…
Die nuus dat jou kind sy lewe geneem het, kan vir elke ouer skokkend en traumaties wees. Die afgelope twee jaar was koerante, tydskrifte en die televisie vol nuus van jong kinders wat die oorsaak is van hulle eie dood. Volgens die Center for Disease Control and Prevention (CDC) is selfdood die derde grootste oorsaak…
‘n Eeu gelede, in 1921, was die hoeksteen van die Mary Myrtle Rigg kerk in Bonnievale gelê. Om hierdie herdenking te vier, word ‘n fees 5 – 7 November gehou. Die fees skop af op Saterdagoggend 9:00 met ‘n ECD-olimpiade, ‘n eerste in Suid-Afrika, wat by Jakes Gerwel Tegniese Skool aangebied word. Die mikpunt is…
Op 9 September 2021 het die leerders van Huis Kalie Heese Koshuis, of die Koshuiskatte, soos hulle bekendstaan, Kruiskop net buite Bonnievale gaan uitstap. Hulle is met drie skoolbussies na mnr. Daan Louw se plaas geneem, onder toesig van vier volwassenes, mnr. Stefan Prins (koshuisvader), mnr. Michiel de Villiers, juf Carli Wüst en juf. Bernelee…
Die graad 8’s van Hoërskool Bonnievale het ‘n tradisie: ná die eerste week van orientëring plant die klas ‘n graad-8-boom. Die graad 8’s is dan verantwoordelik om die boom te versorg deur byvoorbeeld daarvoor water te gee. “Nuwe besems vee skoon,” dink ek is die mees gepaste manier om ons poging te beskryf. Die eerste…
Vanwyk de Wet (gr. 8) van Hoërskool Bonnievale het sy kategorie in die FAK Internasionale Ekspo gewen. Sy gedig “Kovid in die dieretuin” is as die beste poësie-inskrywing in graad 8 aangewys. Hy het deelnemers in Suid-Afrika, Namibië en Nieu-Seeland uitgestof. Die FAK se Internasionale Afrikaans-Ekspo is ’n opwindende skryf- en kreatiewe kunstekompetisie wat fokus…
Met Kovid-19 in ons midde het die leerders van Hoërskool Bonnievale nie baie geleenthede gehad om sosiaal te verkeer nie. Die leerders is gevra watter sosiale geleentheid hulle wens om te kan bywoon. Die resultate:
Lees meer oor die afloskompetisie hier.
Die Kovid-19-getalle in Bonnievale het die afgelope paar dae vir die eerste keer in ‘n lang tyd begin afneem. Die pandemie raak steeds die Bonnievalers op ‘n baie ernstige wyse. “Die pandemie was en is die vreemdste virus wat ek al ooit ervaar het en maak elke dag nog ‘n impak op my lewe,”sê Junade…