Bonnie-Voortrekker as fakkeldraer

Bonnie-Voortrekker as fakkeldraer

Roelof-Willem van der Merwe, gr. 12-leerder van Hoërskool Bonnievale (HSB), het op die vooraand van geloftedag (15 Desember 2021) die Voortrekkers se historiese feesfakkel gedra. Meer as ‘n honderd gr. 5- tot gr. 11-Voortrekker-kinders het hom vergesel om die brandende fakkel vanaf Fort Schanskop na die trappe voor die Voortrekkermonument (VTM), Pretoria, te neem. Daarna…

Read More Read More

Rising Eagle: Geduld Veldsman se lewenswandel

Rising Eagle: Geduld Veldsman se lewenswandel

Geduld Veldsman is in die Paarl gebore en het later aan Weltevrede Senior Sekondêre skool gematrikuleer. Hy het in 2006 by Hugenote Kollege gaan studeer, waar hy sy graad in Gemeenskapsontwikkeling ontvang het. Lee-Colynn Baadjies van Voorwaarts het met hom gesels oor sy nuutste boek, Rising Eagle. Rising Eagle gee insig aan die leser  van hoe dit is…

Read More Read More

Toneel het gehoor gaande

Toneel het gehoor gaande

Hoërskool Bonnievale se toneelgeselskap kon op 18 en 19 Februarie 2022 uiteindelik hul toneelstuk, “‘n Boudjie van my vroutjie” op die planke bring onder die regie van me. Cornel Koorts, graad 8-10-Afrikaansonderwyser. Ten spyte van tegniese probleme die eerste aand, het die gehoor baie positief gereageer. Goeie bywoning is moontlik gemaak deur die feit dat…

Read More Read More

Groen graad 8’s word gegroet

Groen graad 8’s word gegroet

Dit is die begin van ‘n nuwe jaar en met Kovid-19-beperkings wat besig is om gelig te word kon Hoërskool Bonnivale sy nuwe graad 8’s op ‘n spesiale en “normale” manier welkom heet. Tydens die eerste drie dae van skool het die graad 8’s deur ‘n oriënteringsprogram gewerk. Hulle het die naweek van 21 Januarie…

Read More Read More

Groener toekoms vir Langeberg

Groener toekoms vir Langeberg

Ons almal weet dat herwinning die moontlike uitweg is en ons lewe groener sal maak. Maar dit sal nie net sommer vanself gebeur nie. Ons kan plaaslik begin en dan verdere stappe neem om ons aarde op te pas. Ons kan plaaslik, REG herwin. “Wes-Kaapse afleidingsteikens vir Organiese Afvalbestuur (2018) word geïdentifiseer as ‘n problematiese…

Read More Read More

Slim vang sy baas

Slim vang sy baas

Ons almal kom op ‘n stadium waar ons vir ander wil wys dat ons beter as hulle is. Ek weet ék het. Net voor ek in die hospitaal beland het. Dit was ‘n normale laerskooldag, maar sou nie so normaal bly nie. Ek en my vriende het in die laerskool se beste en enigste parkie…

Read More Read More

Atlete stadig om die baan

Atlete stadig om die baan

Atletiek is een van die belangrikste sportsoorte by HSB. Die sport bied talle geleenthede en HSB se atlete het al groot prestasies op provinsiale en nasionale vlak behaal. Gedurende die inperkingstyd was atletiek egter saam met die ander sporte afgestel. HSB is dus baie gelukkig om te sê dat die leerders uiteindelik weer kan oefen.…

Read More Read More

Matilda se avonture

Matilda se avonture

Die boek Matilda, is moderne fiksie, geskryf deur Roald Dahl. Dit is vol avonture en humor. Alhoewel die omslag jou sal laat dink dat dit ‘n kinderboek is, is dit allesbehalwe. Die verhaal neem jou op ‘n ontdekkingstog saam met Matilda en haar gunsteling-onderwyser, me. Honey, wat op verskeie humoristiese avonture gaan en waar Matilda…

Read More Read More

Prysuitdeling prys prestasies

Prysuitdeling prys prestasies

Op 19 Oktober 2021 kon Hoërskool Bonnievale (HSB) vir die eerste keer in twee jaar weer ‘n volwaardige prysuitdeling hou. Tydens dié spoggeleentheid is die hoofleiers vir 2022 ook aangekondig, nl. Heinrich Wentzel as hoofseun en Marlé Oostuizen as hoofmeisie. Hier is Heinrich se kommentaar oor die prysuitdeling sowel as sy drome vir 2022: Hier…

Read More Read More

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights