Noord-Kaap infiltreer Bonnievale
Nuwe jaar, nuwe personeel. Om ‘n nuwe leerder te wees is angswekkend, maar ek wonder hoe moet dit voel om ‘n nuwe onderwyser te wees, in ‘n nuwe skool en in ‘n nuwe dorp?

Juffrou Milize Symington, van Kimberley in die Noord-Kaap, ken egter die gevoel al te goed. Sy het op 3 Februarie 2020 by Hoërskool Bonnievale aangesluit in die plek van juf. Surita Brink. Juf. Brink gee tans Geografie gr.10-12 in die plek van juf. Elmien Rossouw, wat met kraamverlof is.
Juf. Symington gee Geografie vir die graad 8’s en 9’s en Lewensoriëntering vir graad 8 tot 12-leerders.
Juffrou Symington praat meer oor haar ervaring:
![]()

Ek is ‘n baie eerlike persoon en ek dink dikwels meer realisties oor dinge. Ek hou daarvan om saam met my vriende te kuier en om sosiaal te wees.