Jeugweek 2020: ‘n Belewenis!

Jeugweek 2020: ‘n Belewenis!


#SELFIE was op almal se lippe tydens hierdie jaar se NG Kerk Vandermerwe-Jeugweek in Bonnievale. Mense van alle ouderdomme het hierdie byeenkomste vanaf Sondag 2 Februarie tot Donderdag 6 Februarie 2020 bygewoon en geniet.

Die Jeugweek in Bonnievale se NGK Vandermerwe is deur tieners en ouers bygewoon. Foto: verskaf.

Die tema van die Jeugweek 2020 was #SELFIE en die spreker was ds. Wouter Olivier van die La Rochelle-gemeente in Bellville. Sy boodskap was dat ‘n mens nie agter ‘n filter moet wegkruip nie en dat jy net jouself moet wees, want dit is hoe God wil hê mense moet wees.

Die jongmense is bederf deur ‘n orkes met Christelike musiek uit die boonste rakke. Iddo Dickens is die hoofsanger, Eben Groenewald die tromspeler, HSB se eie Rachelle du Preez op die klawerbord en Shaan Wocker as die baskitaarspeler.

Daar was ‘n “selfie”-stasie in die voorportaal van die kerk wat deur Louise Giliomee opgerig en beman is. Almal wat die verrigtinge bygewoon het, kon prettige foto’s van hulself of saam met hul vriende neem.

Loading


One Reply to “Jeugweek 2020: ‘n Belewenis!”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

twenty + fourteen =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights