Gaan Bonnies akkoord met korter LO-periodes?
Die LO-prakties-periodes by Hoërskool Bonnievale (HSB) is as gevolg van KOVID-19-maatreëls verkort. Voorwaarts stel ondersoek HSB-leerders se opinies oor dié nuwe, verkorte sweetsessies.

Dubbelperiodes
7/10 leerders van HSB het gesê dat hulle verkies dat LO-periodes een uur lank is. Vir baie leerders is dié dae al wanneer hulle werklik oefen.
Nou dat leerders nie meer in daardie periodes kan oefen nie, kry van hulle geensins oefening in nie.
Volgens prof. Wayne Derman, direkteur van die Instituut vir Sport- en Oefening-geneeskunde (ISOG) aan die Universiteit van Stellenbosch, is oefening ‘n baie belangrike aspek wanneer dit by akademie kom. Oefening help ‘n leerder se brein om beter te funksioneer en meer, nuwe inligting te kan inneem.
Sekere leerders is egter bekommerd oor die feit dat wanneer LO-periodes ‘n uur lank is, hul maskers dit baie ongemaklik gaan maak om te oefen.

Enkelperiodes
Sportperiodes van slegs ‘n halfuur gee nie vir leerders genoeg tyd om hul sportklere aan te trek nie; dus moet leerders in hul skoolklere oefen.
Party leerders voel negatief oor die verkorte LO-prakties, maar ander leerders bekyk die storie van ‘n ander kant af.
‘n Anonieme leerder van HSB is bly dat LO-prakties slegs een periode duur omdat dit die druk vanaf onderwysers kan verlig.
Daar is steeds ouers wat egter bekommerd is oor die skoolklere wat vinniger verniel kan word wanneer die leerders daarin moet oefen. Onderwysers het dit wel duidelik gemaak dat die oefeninge minimaal sal wees.

Ek woon nog my hele lewe lank in Bonnievale. My gunsteling-aktiwiteit is om tyd saam met my vriende en familie deur te bring. Ek geniet dit ook om te teken en te bak-en-brou.