Matriekuitslae uiteindelik hier

Matriekuitslae uiteindelik hier


Die matrikulante van 2020 het Dinsdag 23 Februarie 2021 gespanne die skool besoek om hul eindeksamenuitslae te kry. Die Wes-Kaap se slaagsyfer vir 2020 is 79% en Hoërskool Bonnievale het ‘n slaagsyfer van 94%.

Suzan Wentzel, Aleza van Zyl, Janke Brink en Rachelle du Preez het almal A-gemiddelde verwerf. Foto: Fransel Viljoen

Daar is gespekuleer dat die datum geskuif sou word, maar dit het nie.

Die matrieks het veral lank gewag hierdie jaar, want gewoonlik word die punte aan die begin van Januarie aan die matrieks gegee, maar as gevolg van Kovid-19-regulasies kon die vraestelle eers in Januarie nagesien word en is die uitslae eers ‘n maand later bekendgemaak.

Ek is heel tevrede en ‘n bietjie verbaas met my uitslae. Ek was nogal moedeloos oor die feit dat dit eers in Februarie sou kom, maar nou is dit nogal skrikwekkend om te dink hoe vinnig die tyd gevlieg het en hoe baie dinge verander het, veral ná my uitslae. Nou vir die toekomsplanne…” is die woorde van Franzelle Tredoux.

 

“Ek voel goed oor my uitslae. Ek het beter gedoen as wat ek verwag het. Ons het baie lank gewag, maar dit was die moeite werd. Ek wil ook spesiaal dankie sê aan die onderwysers vir al hulle harde werk,” was Keith Arnolds, 2020 se onderhoofseun, se woorde.

Anja Syfert sê, “Ek is tevrede met my uitslae en het geduldig daarvoor gewag, maar ek is seker baie van my klasmaats het in spanning gewag.”


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three × 5 =

Voorwaarts Skoolkoerant