Kategorie: Profielonderhoude

Arena onder druk weens Kovid

Arena onder druk weens Kovid

Restaurante is een van die sektore wat die swaarste deur die Kovid-19-pandemie getref is. Verskeie restaurante het weens Kovid-regulasies hul deure permanent gesluit. Voorwaarts het met mnr. en mev. Joppie en Lee du Preez, die eienaars van Arena Restaurant in Bonnievale, gesels om te hoor hoe hulle deur die pandemie geaffekteer is. Wanneer het julle…

Read More Read More

‘n Suiwel-storie

‘n Suiwel-storie

Kaas is een van die bekendste uitvoerprodukte van die Bonnievale-omgewing. Voorwaarts het vir ‘n produksiebestuurder by ‘n kaasfabriek gevra hoe ‘n dag in die lewe van ‘n kaasmaker lyk. Waar werk u? Ek werk by La Montanara op die pad tussen Ashton en Swellendam. Wat is u rol by La Montanara? Ek is die hoofkaasmaker en…

Read More Read More

Oud-Bonnie nou internasionaal

Oud-Bonnie nou internasionaal

Hoërskool Bonnievale het al ongelooflike skoliere gelewer: van suksesvolle dokters, prokureurs en onderwysers tot internasionaal-bekende musikante. Jaar ná jaar keur oudskoliere terug om trots die skool te besoek. Hierdie keer het Voorwaarts uitgereik na oudskolier, nou Europese-migrant, Fezile Futhela. Watter werk doen jy nou? En hoe verskil dit van die rigting wat jy wou ingaan…

Read More Read More

Dominee groet ná 29 goue jare

Dominee groet ná 29 goue jare

28 Februarie 2021 is die laaste keer wat ds. Willem Liebenberg die boodskap vanaf die kansel van die NG Gemeente Vandermerwe sal bring. Ná 29 jaar se bediening in die Bonnievale-gemeenskap tree ds. Willem aan die einde van dié maand af. Voorwaarts het vir oulaas by hom gaan kuier. Wanneer het Dominee hierheen verhuis en…

Read More Read More

Nuwe burgemeester slaggereed vir termyn

Nuwe burgemeester slaggereed vir termyn

Mnr. Schalk van Eeden is onlangs as die nuwe burgemeester van die Langeberg-munisipaliteit verkies ná die afsterwe van mnr. Henry Jansen, die vorige burgemeester. Mnr. Jansen het die stryd teen Kovid-19 verloor. Heinrich van Voorwaarts Skoolkoerant van Hoërskool Bonnievale het met mnr. Van Eeden gesels. Was dit deel van u toekomsplan om burgemeester te word? Nee,…

Read More Read More

Ek’s groot, wat nou?

Ek’s groot, wat nou?

Weeksaande is hy te sien op die kleinskerm in die bekende KykNET-sepie, Binnelanders. Sepiekykers, fliekgangers en musiekliefhebbers behoort dadelik te weet van wie ek praat. Jy ken hom seker as Louis Koster, maar wanneer hy nie in Binnelanders speel nie, is hy die eksentrieke en grapperige Germandt Geldenhuys. Germandt Geldenhuys skryf oor hoërskool, beroepskeuses en…

Read More Read More

Spoegwolf: D-mineur op 4

Spoegwolf: D-mineur op 4

Ek sit een Saterdagaand in my sitkamer en luister na Spoegwolf se nuwe album, hoe ironies. Uit die bloute kry ek ‘n kennisgewing op my foon wat lees: Albert_vuurwolf sent you a message. Ek het vroeër vir hom ‘n boodskap gestuur, nie dat ek gedink het hy sou antwoord nie (oor dié einste berig) en…

Read More Read More

Nuwe onnie in HSB-midde

Nuwe onnie in HSB-midde

Hoërskool Bonnievale se personeel het onlangs verander. Mnr. Henrico Hunter is aan die begin van die tweede kwartaal aangestel. Hy het die leisels oorgeneem by juf. Leana Rodrigues en bied Afrikaans aan vir graad 8 tot 10-leerders. Mnr. Johan Els, skoolhoof van HSB, is bly oor die nuwe aanstelling. “Ons is baie gelukkig om op…

Read More Read More

Hoofleiers het hoë verwagtinge

Hoofleiers het hoë verwagtinge

Anja du Plessis van Voorwaarts het op 30 Oktober 2019 ‘n onderhoud gevoer met Rachelle du Preez en Ruach Wessels, die hoofleiers van Hoërskool Bonnievale (HSB) vir 2020. Hoe het jy gevoel toe jy aangekondig word as hoofseun/hoofmeisie? Rachelle: Ek het so effens lam gevoel en asof ek in ‘n droom was, maar baie gelukkig. Ruach: Dit was…

Read More Read More

Suzan neem Voorwaarts-leisels oor

Suzan neem Voorwaarts-leisels oor

Suzan Wentzel is onlangs aangewys as die nuwe redaktrise van Voorwaarts-skoolkoerant van Hoërskool Bonnievale (HSB). Die oudredaktrise, Rachel Jonker, het by haar gaan kersopsteek om te hoor hoe sy haar ampstermyn wil rig. . Na watter aspek van jou redaktriseskap sien jy die meeste uit? Om aan iets te kan werk wat ek weet wérk.…

Read More Read More

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights