Oud-Bonnie nou internasionaal

Oud-Bonnie nou internasionaal


Hoërskool Bonnievale het al ongelooflike skoliere gelewer: van suksesvolle dokters, prokureurs en onderwysers tot internasionaal-bekende musikante. Jaar ná jaar keur oudskoliere terug om trots die skool te besoek. Hierdie keer het Voorwaarts uitgereik na oudskolier, nou Europese-migrant, Fezile Futhela.

Fezile (links) en Marisha geniet ‘n koppie koffie op ‘n koue dag in Windsor. Foto: Verksaf.

Watter werk doen jy nou? En hoe verskil dit van die rigting wat jy wou ingaan toe jy ‘n kind was?
Ek is tans ‘n versorger van bejaarde inwoners wat aan demensie ly. Toe ek jonger was, het ek baie drome gehad, maar een wat uitgestaan het, was die droom om ‘n forensiese ondersoeker te word.

Soos die jare verbygegaan het, het ek besef my kundigheid is om met mense te werk. Ek geniet dit om met mense te werk en om hulle te help om hulle volle potensiaal te bereik. Ek wil mense help om hulle selfwaarde en identiteit in Christus te ontdek.

As kind, wie was jour rolmodel en hoe het hulle jou geïnspireer om jou drome te volg?
Daar is ‘n paar mense wat ek as groot rolmodelle sou oorweeg, soos Nelson Mandela en Jakes Gerwel. Maar persoonlik is my rolmodel my ma. Sy het vroeg in my lewe belangrike waardes gekweek: om life te hê, om respek te hê, te hoop en geloof te hê. Dit is waardes wat ek vandag saam met my dra.

Hoe verskil Engeland se kultuur van Suid-Afrika vir jou?
Die kultuur in die Verenigde Koningkryk verskil baie van Suid-Afrika. Mense hier is meer afgesluit en nie so bereid om met vreemdelinge te praat nie. Daar is baie meer rigiedheid in die reëls en wetgewing hier, byvoorbeeld om nie agterop ‘n bakkie te ry nie. Op ‘n ligter noot: enige temperatuur bo 17ºC word as ‘n hittegolf beskou.

Wat is iets wat jy mis van Suid-Afrika wat nie in Engeland voorkom nie?
Ek mis die warm temperature, die berge, die vriendelike mense en die houtgerookte vleis wat van ‘n braai af kom.

Felize en sy vrou op hulle troudag. Foto: Verskaf.

Jy is getroud met ‘n Engelse meisie. Hoe het julle ontmoet en hoe het julle verhouding gewerk terwyl jy in Suid-Afrika was en sy in Engeland?
Ek het my vrou ontmoet toe ek vir die eerste keer Engeland toe gekom het. Ek was agt maande ‘n intern in ons susterskerk. Ek het haar op latere stadiums van my besoek leer ken, maar ongelukkig moes ek terugkeer na Suid-Afrika.

Ek is dankbaar vir sosiale media. Toe ek weer in Suid-Afrika was, het ons mekaar elke dag gebel en daarin geslaag om saam ‘n paar films op Skype te kyk.

Waar het jy grootgeword en hoe het jy gekom waar jy nou is?
Ek is in die Oos-Kaap gebore, in ‘n klein dorpie met die naam Mount Fletcher. Toe ek sewe geword het, het ek na Bonnievale verhuis. Ek het sestien jaar in die plakkerskamp gewoon. My grootwordjare in ‘n township laat my ten volle verband hou met die gebrokenheid en stryd. Ek was geseënd om die proses te oorkom deur ‘n mentor te hê wat in al my lewensaspekte gehelp het.

Jy het vir ‘n ruk by Jakes Gerwel Tegnies gewerk. Wat was jou rol daar?
Ek was ‘n karakterbouer/jeugmentor. My rol was om baie om te gee. Ek moes werk met tieners se ontwikkelingskwessies en gedragsprobleme. Ek het toesig gehou en programme ontwerp om sosiale interaksie deur een-tot-een-ontwikkeling te ondersteun.

Het jy enige advies vir die jonger generasie?
Enige iets wat jy wil hê, kan jy hê. So, eis dit. Werk hard om dit te kry. As jy dit kry, trek iemand anders op. Moenie net strewe om ‘n bestaan te maak nie, streef daarna om ‘n verskil te maak!


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

ten + nineteen =

Voorwaarts Skoolkoerant