Poort-wenopstel: Bloukol
Met hierdie opstel het Heinrich Wentzel ‘n derde plek in sy kategorie verdien in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se jaarlikse Poort-bundel vir 2022. Bloukol deur Heinrich Wentzel (gr. 12) Soos my ma met grimering die bloukolle op haar gesig toesmeer, snik sy elke nou en dan. Sy kyk na my met pyn…