Só bly Bonnies besig
Met ‘n moeilike Kovid-19-jaar, waar talle buitemuurse aktiwiteite beperk was, is dit bevrydend om te weet dat skoliere nou nie meer so huisgebonde is nie.
Voorwaarts het ‘n opname gemaak van wat die gewildste buitemuurse aktiwiteite vir leerders in Bonnievale is.

Volgens die inligting blyk dit dat atletiek en kuns op die meeste Bonnies se agenda gaan wees. Die Bonnies sien egter uit daarna dat aktiwiteite soos sportbyeenkomste en kunsuitstallings weer soos tevore kan voortgaan.

Ek is ‘n gebore Bonnievaler en leerder in Hoërskool Bonnievale met ‘n passie vir sport. Ek hou van sosiaal wees en tyd saam met my vriende deurbring.