HSB-wiskunde steek nie lyf weg nie
Hoërskool Bonnievale (HSB) se matriekklas van 2020 het onlangs spoggerige nuus oor hulle Wiskunde-uitslae ontvang. Op 31 Julie 2021 het Die Burger HSB aangewys as een van die 20 Afrikaanse skole met die beste wiskunde-uitslae in die Wes-Kaap, volgens die matriekeksamenuitslae van 2020. “Ek is baie dankbaar vir die prestasie en trots op die matriekklas…