Die gras was vanjaar geler aan die ander kant

Die gras was vanjaar geler aan die ander kant


 

Beide kleurspanne se dirigente in aksie tydens die kleureatletiek. Grafika: Alèza van Zyl

Hoërskool Bonnievale se jaarlikse kleuresport byeenkoms het weereens gesorg vir vele opwinding. Hierdie geleentheid het op 18 Januarie 2019 plaasgevind. Elke jaar word vier groen en vier geel dirigente gekies. Vanjaar se groen dirigente was Kaithlin Kortje (gr. 12), Danielle Padiachy (gr. 12), Carlos Opperman (gr.12) en Rowdene Swartz (gr. 11).  Die geelspan se dirigente was Jaydion Davids (gr. 12), Brayton Kleinveldt (gr. 12), Fransisca Koert (gr. 12) en Alexa September (gr. 11).

Tydens die Big Brag moes elke kleurspan, onder leiding van hul dirigente,‘n kreet sing. ‘n Vertoning  is ook op die verhoog deur beide spanne apart opvgeoer en ‘n hoër en – laerskoolleerder uit die elke kleurspan het ‘n toespraak gelewer. Die groenspan se tema vir hierdie jaar was bikers en die geelspan s’n cowboys. Vanjaar het die geelspan die kleureatletiek-beker gewen.

Wat was vir die dirigente die lekkerste en wat het die meeste vir hulle uitgestaan?

Groenspan: “Die gees van die leerders het vir ons die meeste, wat ons net meer op ons gemak laat voel het. Die lekkerste was om vir die laerskoolleerders die kreet te leer, omdat hulle vol vreugde en entoesiasme was”.

Geelspan: “Vir ons het die deelname van die leerders die meeste uitgestaan. Veral om ook te kon sien dat kinders wat nooit betrokke is by die skool nie, darem hulle span kom ondersteun het. Die lekkerste was om leiding te kon neem en ‘n voorbeeld te kon stel vir die jonger leerders wat na ons opkyk.”

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

19 − eight =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights