Wilde terugkeer van die wêreld se gunsteling-skurke Bad Guys 2

4 / 5 Sterre
Bad Guys 2 is op 1 Augustus 2025 in Suid-Afrikaanse bioskope vrygestel by Ster Kinekor en Nu Metro. Jy kan die fliek op die volgende platforms gaan kyk: Apple TV, Amazon Prime Video en Google Play Movies.
Ek het gehou van die hierdie rolprent omdat ek ’n groot liefhebber is van animasiefilms.
Die regisseur van hierdie fliek is Pierre Perifel.
Die karakters wat in die fliek voorkom, is Mr. Wolf (Sam Rockwell), Mr. Snake (Marc Maron), Mr. Shark (Craig Robinson), Mr. Piranha (Anthony Ramos), Ms. Tarantula (Awkwafina).
Bad Guys 2 is ’n skreeusnaakse animasiefliek wat wys hoe die skurke weer in ’n nuwe avontuur beland. Die fliek het baie humor, vinnige aksie en interessante veranderinge in die storie. Die animasie is lekker kleurvol en energiek.
Die klankeffekte en musiek help om spanning en humor in die fliek te skep. Die kwaliteit van die animasie is baie goed. Die storie speel in verskillende opwindende ruimtes af.
Bad Guys 2 was vir my baie interessant. Die karakters is nog steeds snaaks en die storielyn is nie te sleg nie, maar ’n bietjie voorspelbaar.
Die nuwe karakters “Bad Girls” het ’n slegte invloed op die “Bad Guys”, want hulle het verander na “Good Guys”, maar toe kom die meisies en wil hulle weer ’n rooftog (heist) uitvoer.
Die tema van die fliek is dat “al het jy slegte dinge gedoen, kan jy steeds verander na ’n goeie mens”.
Die fliek is ’n goeie vervolg op die eerste een, maar dit voel nie heeltemal oorspronklik nie. Die aksie is nog steeds goed. As jy die eerste film geniet het, sal jy definitief hierdie een ook geniet.
Dit is ’n baie gepaste fliek vir kinders en volwassenes wat hou van komedie en avontuur. Ek raai jou sterk aan om die fliek te gaan kyk. Jy sal dit baie geniet as jy hou van animasiefilms.
Kyk gerus na die voorprent van Bad Guys 2 hier.

Dit is vir my ‘n voorreg om deel te wees van die redaksie span!