Tieners: Verdien só ‘n ekstra geldjie
As jy ‘n tiener is wat belangstel om geld te verdien, is jy nie alleen nie. Daar is dinge om te koop soos klere, vermaak en elektronika. Dit is ook goed om te spaar vir motors, universiteite en ander groot aankope.
Hoe kan jy egter hierdie tipe geld verdien? Jy is immers nog op skool en het nog nie kwalifikasies agter jou naam nie. Voorwaarts sal vir jou verduidelik hoe.

1. Aanlyn Take
Swagbucks is ‘n webwerf waar jy betaal kan word om klein take te verrig soos opnames in te vul en speletjies te speel. Elke keer as jy ‘n taak voltooi, kry jy punte wat jy kan gebruik as geskenkbewyse by ander bekende organisasies soos TakeAlot. Met behulp van Swagbucks kan jy in jou vrye tyd geld maak om te betaal vir die dinge wat jy nodig het. Dit is heeltamal gratis en dit is maklik om daarby by aan te sluit.
2. Deel jou mening
Hou jy daarvan om jou mening oor dinge te gee? Waarom nie daarvoor betaal word nie? Survey Junkie sal jou betaal om jou opinie oor besighede en produkte te lig. Handelsmerke wil terugvoer kry en is bereid om daarvoor te betaal.
3. Verkoop peuselhappies
‘n Koue blikkie Coke verkoop vinnig in die somer. Dek ‘n tafel saam met jou vriende en bemark jou stalletjie. Dit is maklik verkrygbaar en perfek vir diegene wat ‘n begroting het. Maak egter seker dat jy genoeg vra vir die koste van die items om ‘n wins te maak.
4. DIY (Doen dit self) is jou beste vriend
As jy bekwaam is om kunsvlyt, juweliersware, kunswerke, houtwerk of ander items te maak, kan jy dit maklik aan vriende, familie of selfs op jou Facebook-blad begin verkoop. As jy groei, kan jy selfs na Etsy vertak.
5. Versamel aluminiumblikke
As jy baie geblikte koeldrank drink, kan jy dit oorweeg om die leë blikke een keer per week na ‘n plaaslike herwinningsentrum te neem waar hulle kontant vir jou aluminiumblikke betaal.
6. Maak huis skoon
Die meeste mense is gretig om hul huise skoon te hou. Tradisionele skoonmaakdienste kan egter duur wees. As gevolg hiervan kan mense dit oorweeg om tieners aan te stel wat hul huise vir ‘n redelike prys sal skoonmaak. As jy van skoonmaak hou en weet hoe om deeglike werk te doen, is ‘n huisskoonmaakonderneming vir jou!
7. Was motors
Besige volwassenes het nie tyd om hul motors te was nie. Dit beteken dat jy geld kan verdien.
8. Kinderoppasser
Is daar jong kinders in jou omgewing wat kindersorg benodig? Indien ja, kan jy kinderoppasdienste aanbied om kontant te verdien. Dit is perfek vir tieners wat verantwoordelik en volwasse is en wat dit geniet om met kinders te werk.
9. Bied ekstra klasse aan
Staan jy eerste in die klas? Is Afrikaans, Engels of Wiskunde dalk jou beste vak? Baie ouers is op soek na presteerders se hulp vir hul kinders.
10. Huis-oppas
As jou buurman, vriend of familielid met vakansie gaan, wil hulle dalk iemand huur om seker te maak dat hul huis nie platval terwyl hul weg is nie.
11. Troeteldier-oppas
‘n Goeie werk vir tieners wat van diere hou. Sommige mense wil troeteldierversorging hê terwyl hulle weg is vanaf die huis.
12. Gras- en plantbesproeiing
Soms het mense hulp nodig om hul gras, blomme en plante nat te maak. Bied aan om dit teen ‘n paar rand te doen. Dit is ‘n werk wat jy waarskynlik een of twee keer per week sal verrig.
13. Lewensredder
As jy ‘n goeie swemmer is en daarvan hou om op die strand te kuier, is ‘n badmeester die beste werk vir jou. Die meeste gemeenskaplikke swembaddens is op soek na tieners om lewensredders te wees. Die meeste lewensredderswerk vereis egter dat werknemers ‘n lewensreddersertifikaat moet hê.
14. Skeidsregter
Plaaslike sportorganisasies soek soms tieners om as skeidsregters te blaas vir kindersportspanne. As jy van sport hou en die reëls van ‘n sekere sport goed ken, kan jy aansoek doen om as skeidsregter op te tree.
15. Werk by ‘n restaurant
Word ‘n kassier by ‘n kitskosplek, of selfs ‘n kelnerin by ‘n plaaslike restaurant. Die kitskoswerk is wonderlik, want jy het ‘n gewaarborgde uurloon.
16. Kruidenierswinkel-werknemer
Kruidenierswinkels het baie verskillende werke beskikbaar vir tieners. Jy kan ‘n kassier, ‘n waentjie- of ‘n voorraadpersoon wees. Sommige posisies by kruidenierswinkels vereis kliënte-interaksie en ander nie, so daar is definitief iets vir almal.
Met ‘n bietjie kreatiwiteit en harde werk kan jy in ‘n japtrap begin om geld te verdien, maak nie saak hoe oud jy is nie. Begin vandag en koop daai nuwe videospeletjie so gou as moontlik.


Ek is tans ‘n matriekleerder in HSB wat die voorreg het om op die beste skoolkoerantredaksie in die land te dien! Ek is mal oor skryf en het ‘n passie daarvoor om my menings, gevoelens en standpunte uit te druk. Ek hou daarvan om op te staan vir dit waarin ek glo. Ek is ook mal oor musiek, veral as dit liedjies met ‘n dieper betekenis is.
2 Replies to “Tieners: Verdien só ‘n ekstra geldjie”
Klink na baie pret en terselfdertyd lekker om ‘n ou geldjie te maak!
Al jou idees klink vetpret! Ek sal dit moet probeer.