Suzan neem Voorwaarts-leisels oor

.
Na watter aspek van jou redaktriseskap sien jy die meeste uit?
Om aan iets te kan werk wat ek weet wérk. Ek hoef nie te wonder of mense die koerant gaan lees nie. Ek kry ook die kans om die skool se naam op ‘n positiewe manier te bevorder deur kreatief te dink.
Hoe verwag jy moet jou redaksie funksioneer?
Kreatief, haha! Hulle moenie bang wees om iets te vra en voorstelle te gee nie. Daar moet ook ‘n lekker vibe tussen almal wees.
Watter waardevolle lesse of vaardighede het jy in jou termyn as Voorwaartsie-redaktrise aangeleer?
Definitief tydsbestuur. Dat ek met minder slaap oor die weg kan kom as wat ek gedink het. Om soms nee te sê vir ander aktiwiteite. My rekenaarvaardighede het ook beslis verbeter.
Wat sal jy in Voorwaarts wil verander?
Ek sal nie groot dinge wil verander nie, want mens verander nie aan iets wat werk nie. Ek sal wel ‘n paar vars en nuwe goedjies wil probeer. Ek moet net eers al my planne deurdink.
Watter soort berig is vir jou die lekkerste om:
• te lees?
Onderhoud of ondersoek
• te skryf?
Ondersoek
• die bladuitleg van te doen?
Elke liewe een!
Watter soort leier sal jy wil wees?
Een wat ‘n verskil maak. Ek wil ook ‘n leier wees by wie mense gemaklik voel.
Hoe voel jy oor die skoolkoerant-kompetisie?
Gestres! Ek is wel positief en sal natuurlik my heel beste gee dat ons daardie titel kan behou. Voorwaarts het dit darem al baie reggekry.

Ek wens ek kon jou met ‘n glimlag groet, maar ek is bang ek skep ‘n wanindruk. Ek is mal oor tale; ek leer dit maklik aan. Ek verpes diere: hulle is afhanklik en verstaan nie rede nie. Ek geniet mense: hulle word deur verskeie invloede gevorm en ek weet ek kan ‘n invloed op iemand wees. Ek kan vir ‘n mens verduidelik waarom ek oortuig is van my standpunt. Dis gevaarlik om nie te droom nie, want sonder doelwitte sal jy vir ewig verander sonder om te ontwikkel of vooruit te gaan.