Snoepie kry ongenooide gas

Om 23:35 op Maandag 18 Mei 2020 is daar by Hoërskool Bonnievale (HSB) se saalsnoepie ingebreek.
Daar is toegang tot die snoepie verkry deur die roldeur wat oopgebreek is.
‘n Mikrogolfoond, waterstewels en breekware is gesteel. Die kaste is beskadig. Die misdadigers kan op die skool se kamerastelsel gesien word, maar nie uitgeken word nie.
“Dit is tragies dat ons skool reeds die tweede keer tydens inperking die teiken is van boewe. Hierdie skobbejakke is misdadigers wat indien gevang, erg gestraf moet word. Nie net het hulle die aandklokreël oortree nie, maar het sonder maskers opereer en het ook geen respek vir eiendom van ander nie. Daar is geen verskoning vir hulle oortreding nie. Hulle het nie gesteel omdat hulle honger is nie. Die vandalistiese aard van hulle inbraak en die items wat hulle gesteel het, dui daarop dat hierdie misdadigers beslis agter tralies hoort,” is die woorde van mnr. Johan Els, skoolhoof van HSB.
Die toneel is ontdek deur die werkers wat die oggend lont geruik het en die saal se gangligte aan gevind het.

Ek is mal oor diere, kuns, om met my vriende te kuier en geniet dit om te skryf en foto’s te neem.
2 Replies to “Snoepie kry ongenooide gas”
Sjoe, ek kan nie glo dit het onder ons neuse gebeur nie.
Ja nee. Ongelooflik.