Snoepie kry ongenooide gas
Om 23:35 op Maandag 18 Mei 2020 is daar by Hoërskool Bonnievale (HSB) se saalsnoepie ingebreek. Daar is toegang tot die snoepie verkry deur die roldeur wat oopgebreek is. ‘n Mikrogolfoond, waterstewels en breekware is gesteel. Die kaste is beskadig. Die misdadigers kan op die skool se kamerastelsel gesien word, maar nie uitgeken word nie.…