Masker ons beskermingsheer

Masker ons beskermingsheer


Oud en jonk word in Suid-Afrika verplig om maskers te dra. Foto: AFMC

My masker beskerm vir jou en joune beskerm vir my. Maskers is orals waar jy kyk. Almal dra dit, maar hoe effektief is maskers werklik?

Meer as 75% van lande regoor die wêreld verplig inwoners om maskers te midde van die Kovid-19-virus te dra. Maskers is hoogs effektief vir die beskerming teen virusse.

Respiratoriese druppeltjies versteek moontlike virusse en dit versprei gewoonlik wanneer jy hoes of nies. As dit in kontak kom met iemand kan hulle moontlik ook dié virus kry. Deur maskers te dra, blokkeer dit die grootste hoeveelheid druppels. Katoen- en chirurgiese maskers is die effektiefste maskers deurdat dit die risiko van die verspreiding met 36 keer verminder.

Indien jy in kontak was met iemand wat Kovid-19 het, kan jou masker beskerming bied vir almal rondom jou. Om jou masker elke dag te dra en dit nie skoon te maak nie, is skadelik. Die kieme klou aan die masker vas en jy kan op die ou end dit net weer inasem. As dit ook nie daagliks skoongemaak word nie vorm dit ’n ideale habitat vir kieme en virusse.

Volgens Laborer’s Health and Safety Fund is maskers nie perfek nie, maar dit bied grootliks beskerming, veral vir mense rondom jou. Voertaal sê weer as daar nie iemand in ons midde is wat Kovid-19 het nie, jy nie eintlik ’n masker hoef te dra nie, maar jy word steeds aangeraai om eerder een te dra.

“Deur ’n masker te dra wanneer jy noodvoorraad by Woolworths gaan koop en dit by die huis af te haal sonder om te dink wat jy daarna met jou hande en masker doen, is gevaarliker as om sonder ’n masker inkopies te  doen,” is die woorde van Dr. Mödler, ‘n medikus van Kaapstad.

#Masks4All motiveer almal om maskers te dra en hulle is selfs besig om te probeer om maskers regoor die wêreld te versprei.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twelve + 7 =

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!

COVID-19

Vir meer inligting oor COVID-19 besoek die Departement van Gesondheid se webblad sacoronavirus.co.za