Rokers nou ook betogers

Rokers nou ook betogers


Leerders van Roseville Secondary School wat betoog vir hul rookpouse. Foto: soeknet.co.za

Die land was onlangs geskok toe hoërskoolleerders van ‘n skool in KwaZulu-Natal aangedring het op ‘n rookpouse tydens skooltyd. Leerders van Roseville Secondary School in Umzinto het betoog om ‘n rookpouse tussen 08:00 en 09:00, asook ‘n rookarea, op die skoolterrein te hê.

Muzi Mhlambi, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse Onderwysdepartement, sê, “Daar is geen manier dat ons dit kan toelaat nie. Leerders moet geleer word oor goeie gesondheid en die gevare wat rook vir jou inhou. Daarom kan leerders nie daaraan blootgestel word nie.”

Daar is egter gemengde opinies omdat ouers ook gesê het dat kinders hulself moet ontdek en vryheid oor hul keuses moet hê.”

‘n Skoolterrein is ‘n rookvrye sone, ‘n openbare terrein waar jy glad nie mag rook nie,” sê mnr. Johan Venter, bedryfsdirekteur van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU).

Die versoek vanaf die leerders is dadelik afgekeur en hulle gedrag is as onaanvaarbaar beskryf.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

2 × 4 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights