Redakteursbrief – Vanwyk de Wet

Redakteursbrief – Vanwyk de Wet


Ja, dit is waar. Ná hierdie uitgawe groet ek julle ná twee jaar as redakteur.

Dit was regtig ‘n voorreg om elke kwartaal te spartel en ‘n koerant aanmekaar te slaan, maar ná hierdie uitgawe is ek klaar.

Ek het soveel geleer oor wat dit beteken om deel van iets groter te wees wat deur  duisende oë gesien word. Om koerant te maak is soos om oorlog te voer. Dit is ‘n spanpoging waar elkeen hulle deel getrou moet doen om sukses te behaal. Partykeer raak dit spanningsvol en loop die gemoedere hoog, maar aan die einde was dit altyd die moeite werd.

Om deel van die redaksie te kon wees het my regtig geleer om goed aan te pak wat buite my gemaksone is. Hierdie is ‘n vaardigheid waarvoor ek nou baie dankbaar is. Of dit nou is om met vreemdelinge te praat, om skynbaar onbelangrike goed in detail na te vors of sommer net met rekenaarprogramme rond te speel waarmee ek onbekend is.

Ek dink terug aan daardie eerste Voorwaartsie wat my ogies laat blink het, tot hierdie uitgawe wat ek met trots my laaste kan noem.

Een van my skoolloopbaan se hoogtepunte sal definitief wees dat Voorwaarts in 2024 Netwerk 24 se Beste gedrukte skoolkoerant in die land gewen het.

Weereens dankie aan elke redaksielid wat altyd hulle deel gedoen het. Ons is agt  matrikulante wat nou klaarmaak met die redaksie en die aflosstokkie oorhandig.

Daar was tye tydens hierdie oorlog wat ek nooit gedink het ek sal dit sê nie, maar ons gaan die redaksieen al die koerantdinge regtig mis.

Maar dis tyd vir ons om “Voorwaarts” te gaan.

Vanwyk de Wet se eerste redaksieprofielfoto in 2019.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

13 − 9 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights