Bonnievale-biblioteek vier Afrika-dag

Bonnievale-biblioteek vier Afrika-dag

Op Vrydag 25 Mei is Afrika-dag kontinentaal gevier. Hierdie dag is gevier om ons dinamiese geleenthede en prestasies te herdenk. Afrika het ‘n ryk en diverse erfenis en dit word jaarliks gevier. Die Bonnievale Happy Valley Biblioteek het Afrika-dag gevier deur die biblioteek met ‘n Afrika-tema te omskep. Die bibliotekaresses het Afrika-drag aangehad om die…

Read More Read More

Netbal-Nereen skitter

Netbal-Nereen skitter

Nereen Goodman (o.18) van Hoërskool Bonnievale het aan die finale Wes-Kaap-netbalproewe deelgeneem wat die 18de en 19de Mei 2018 plaasgevind het. Nereen is gebore en getoë in Bonnievale en netbal is absoluut haar lus en lewe. Fleur Slot van Voorwaarts het met haar gesels. Op watter ouderdom het jy begin netbal speel en watter posisie…

Read More Read More

Bonnies Got Talent-kroon met R1000 beloon

Bonnies Got Talent-kroon met R1000 beloon

Op 11 Mei 2018 het Rachelle du Preez (gr. 10) ‘n dansitem by die Bonnies Got Talent-finaal gelewer. Sy is as wenner gekroon en het R1000-prysgeld daarvoor ontvang. As jy wil hoor wat haar aangemoedig het om deel te neem, luister gerus na die stemopname hier onder.            

Chris Haycock bied Bonnies bemarkingsles

Chris Haycock bied Bonnies bemarkingsles

Op 15 Mei 2018 het mnr. Chris Haycock (Uitvoerende Hoof van Samsung Business Solutions Western Cape en borg van Voorwaarts-skoolkoerant) Hoërskool Bonnievale (HSB) se Besigheidstudiesklasse besoek. Mnr. Haycock het ‘n vraag-en-antwoord-sessie vir die leerders aangebied waarin hy die leerders insig gegee het oor hoe om sukses te bereik. Hy het ook die leerders meer agtergrond gegee oor die…

Read More Read More

Episode app makes reading cool again

Episode app makes reading cool again

Episode is a mobile story telling app with interactive stories. Your choices determine your ending. There is a story for everyone with over 73 000 stories to choose from, from emotional romances to heart stopping thrillers. Episode puts you in charge of your characters’ destiny. You can customize your characters’ look and even style them.…

Read More Read More

Moedersdag sprankel terwyl Vadersdag faal

Moedersdag sprankel terwyl Vadersdag faal

Moedersdag Belgiese sjokolade, Red Door-parfuum, Harry Winston-juwele en vele meer. Ja ma’s, nog voor dit twaalfuur op die horlosie slaan en Moedersdag werklik aanbreek, word dié peperduur geskenke soos geweerskote op julle afgevuur. Die duur sjokolade, parfuum en juwele is slegs ʼn paar druppels uit die storm geskenke wat moeders op Moedersdag ontvang. Alhoewel Adam…

Read More Read More

Die Burger misreken wiskundekompetisie

Die Burger misreken wiskundekompetisie

Die Burger se jaarlikse wiskundekompetisie is uitgestel weens tegniese probleme. Hoërskool Bonnievale se skoolhoof, mnr. Johan Els, het die organiseerders van die kompetisie gekontak toe hy verneem het dat die leerders ‘n kwartuur ná die kompetisie se opening, steeds nie kon aanmeld nie. Volgens die inligting wat mnr. Els gekry het, het die organiseerders nie gereken…

Read More Read More

MIS: wat sê die akteurs?

MIS: wat sê die akteurs?

Rachelle du Preez (gr.10), Ashlene van As (gr.12), Kia Mouton (gr.12) en Gershwin de Flame (gr.11) is onlangs gekies om in die eerste verhoogdrama wat deur Hoërskool Bonnievale opgevoer word, MIS, te speel. Luister gerus na die stemopname hier onder om uit te vind hoe hierdie toekomstige akteurs voel.   Lees ook Rachelle du Preez se…

Read More Read More

Uitslae: Bonnies beleef gemengde welslae teen Robertson

Uitslae: Bonnies beleef gemengde welslae teen Robertson

Op Woensdag 25 April 2018 het Hoërskool Bonnievale se hoërskoolrugby- en netbalspanne die spanne van Hoërskool Robertson die stryd aangesê. Die wedstryde het op die Bonnies se tuisveld plaasgevind. Daar het nege netbalspanne en vier rugbyspanne deelgeneem aan die kragmeting, waarvan sewe spanne as oorwinnaars uit die stryd getree het. So het die tellings gelyk: O.15A-netbalspan:…

Read More Read More

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights