Bonnies werk hard
Wat het die bekroonde digter en skrywer, Antjie Krog en een van Hoërskool Bonnievale (HSB) se eie jong skrywers, Rachelle du Preez, in gemeen? Albei het hul debuut in publikasies van POORT gemaak. Waar die tekkie die teer slaan, die titel van die skryfstuk wat uit Rachelle (gr.10) se kreatiewe pen gevloei het, is deel…
Met ‘n gekners van tande en toeskouerharte wat touspring, was alle oë op Saterdagmiddag 4 Augustus 2018 om 12:10 op Hoërskool Bonnievale (HSB) se A-rugbyveld gerig. Die Bonnies (HSB) en die Zebras (Hoërskool Piketberg) se eerste rugbyspanne het hul afrigters, ouers en ander spelers vlak laat asemhaal met hul kop-aan-kop spel. Die spanne het gelykop…
As jy gewonder het wat in ‘n matrikulant se gemoed na 12 jaar in Hoërskool Bonnievale aangaan? Kyk na dié video:
Maggie le Roux was ‘n gasspreker by HSB se CSV-saalgeleentheid. Luané het na die tyd met haar gesels:
Reggiseur: Ryan Coogle Akteurs: Michael B. Jordan, Martin Freeman, Chadwick Boseman Genre: Wetenskapfiksie Ouderdom-begeleiding: 13+ Gradering: 4/5 Die wetenskapfiksie-film, Black Panther, het duidelik bewys daar loop nie nét leeus in Afrika rond nie. Die film wek ongekende belangstelling onder jonk en oud, omdat dit buite die grense van die stereotipiese Afrika-film beweeg. Black Panther handel…
Javian wie? Javian Slingers, die linkervleuel van die eerste rugbyspan, was die speler wat die wendrieë vir Hoërskool Bonnievale (HSB) gedruk het toe die Bonnies en Ashton Sekondêr op Dinsdag 24 Julie 2018 te Bonnievale mekaar die stryd aangesê het. Dié o.19A-rugbyspan het in die doodsnikke die wedstryd naelskraap met 24-23 beklink. Die o.15A-rugbyspanne het…
‘n Donker rookwolk het vanoggend om 10:30 oor Hoërskool Bonnievale gehang nadat ‘n brand in die skool se fotostaatkamer ontstaan het. Nadat ‘n brandklok gelui is, is al die klaskamers binne sekondes ontruim. Ashton se brandweer het binne tien minute na die oproep gemaak is opgedaag en gekeer dat die vlamme na ander vertrekke versprei.…
Chané de Swardt (gr.11) het die volgende gedig oor (en vir) Ingrid Jonker geskryf: Dennebos Vergeet Vir Ingrid Jonker Dennebos herinner Dennebos vergeet Die doringbos laat jou weer in die steek Soek jy na ‘n antwoord ‘n rede om te vergeet Eggo is geen antwoord Die antwoord het jy vergeet Jou lewe soos ‘n verhaal wat…
Jasper: die hond wat so bly is om jou te sien, mal is oor die beeskraal en jou byt dat jy bloei. Nou is hy weg… ver weg… Toe ek by die huis kom ná die Bonnies Got Talent-aand, word die hartseer nuus aan my gebreek. Eers dink ek my broer trek my been toe…