Modeparade 2019 met ‘n ander kleur

Modeparade 2019 met ‘n ander kleur


Advertensie vir die modeparade van HSB se matriekafskeid.
Foto: Verskaf

Die tyd het aangebreek vir die matrieks om hulle mooiste rokke en pakke uit hul kaste te haal. Op Donderdag 19 September 2019 gaan die jaarlikse matriekafskeid en modeparade plaasvind, maar hierdie jaar is die modeparade ’n bietjie anders.

Die modeparade-gedeelte van die aand gaan hierdie jaar by Hoërskool Bonnievale (HSB) se pawiljoen gehou word. Die Skoolbeheerliggaam (SBL) het besluit om die logistiek ‘n bietjie te verander.

In die nuwe area kan die matrieks ook met hulle motors spog. Gewoonlik kon die motors nie deur almal gesien word nie omdat die ander matrieks binne die saal gesit het.

Me. Tessa Beukes, ’n helpende gr. 10-ouer, sê:  “Ek dink dit is ’n goeie idee. Dit is iets nuuts en anders en kan na my mening pragtig wees in die buitelug. Nou kan toeskouers op die pawiljoen ook vir die eerste keer werklik die matrieks se spoggerige motors te siene kry.”

Janke Mouton, ’n matrikulant van HSB, het gesê: “Ek  is opgewonde om te sien hoe hierdie jaar se gr. 10-ouers en kinders die modeparade spesiaal vir ons gaan maak. Omdat dit nou op die pawiljoen gaan wees is dit ’n nuwe uitdaging vir hulle, maar ek kan nie wag om die resultaat te sien nie.”

 

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

2 × 3 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights