Moddervoete by snoepie iets van verlede

By Hoërskool Bonnievale (HSB) is daar onlangs nuwe plaveisel voor die snoepie, die Drie Pieke, aangebring.
Die Skoolbeheerliggaam het besluit dat dit beter sal wees om die oppervlak te plavei eerder as om leerders in die modderige grond voor die snoepie te laat staan.
‘n Kontrakteur het die area gedurende die Septembervakansie plavei.
Chané de Swardt (gr.11) sê: “Dit is baie netjieser. Dit is ook nou gemakliker om by die snoepie te koop omdat daar meer spasie is en daar is nie enige hobbels nie. My skoene en sokkies bly nou skoon, want ons hoef nie meer op die grond en modder te staan nie.”

Ek is ‘n plaasmeisie. Ek hou van kuns en musiek. Ek geniet dit om al die nuwe modes te sien en ek hou daarvan om te skryf.