MIS vir eers “uitgewis”

MIS vir eers “uitgewis”


Die akteurs wat in MIS sou speel, staan by ‘n plakkaat wat die drama vroeër die jaar adverteer het. Foto: verskaf

Die drama, MIS, wat op 15-17 Oktober 2018 deur Hoërskool Bonnievale (HSB) opgevoer sou word, gaan nie meer hierdie jaar plaasvind nie.

Van die gr.11 en 12-akteurs het deur die jaar onttrek en ander het nie hul kant gebring nie, wat mnr. Shawn Will, die regisseur, gedwing het om ander akteurs te kies. Daar was egter op die ou end nie genoeg tyd vir die nuwe akteurs om ‘n paar maande se werk in een maand onder die knie te kry nie.

Daar is wel besluit om ‘n klein toneelstukkie op 11 Oktober 2018 in die 4de kwartaal by HSB se prysuitdeling op te voer. Hierdie toneelstukkie het geen verbintenis met MIS nie. Die twee akteurs wat die toneelstuk gaan opvoer, is Heinrich Wentzel (gr. 8) en Suzan Wentzel (gr. 10).

Mnr. Shawn Will het gesê: “Die drama gaan steeds plaasvind, net nie in dié jaar nie. Ek voel frustreerd omdat ons baie moeite en energie in die drama gesaai het en nou moet ons dit uitstel weens mense se onvermoë om hulle verantwoordelikheid en integriteit op te neem.”

“Ek is nogals hartseer dat dit nie meer gaan plaasvind nie, want ek was baie opgewonde om in HSB se eerste drama te wees, maar ek sien uit na die kleiner toneelstukkie wat gaan plaasvind,” is Suzan Wentzel se mening.

Vroeër die jaar het Voorwaarts-joernalis, Rachelle du Preez, oor MIS geskryf in haar berig “HSB op die planke“. Alèza van Zyl, aanlyn redaktrise, het in Mei met die akteurs gesels in ‘n onderhoud “MIS: wat sê die akteurs?”.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

3 × 2 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights