Lofsang eggo in HSB-skoolsaal
Op Woensdag 19 Februarie 2020 is ‘n CSV Worship-aand in die skoolsaal van Hoërskool Bonnievale gehou.

Alle leerders van graad 1 tot 12 was welkom om die geleentheid by te woon. Vele leerders het die aand bygewoon.
Die aand is geopen met ‘n boodskap deur oud-HSB-leerder, Francois Tredoux, en daarna het leerders lof besing en aanbid.
Anja du Plessis (gr.10) sê:”Ek dink die aand was ‘n groot sukses. Ek hoop dat ons in die toekoms sal kan voortbou op aande soos hierdie en saam as ‘n Bonnie-familie kan groei deur aktiwiteite soos die worship-aand.”

Ek woon nog my hele lewe lank in Bonnievale. My gunsteling-aktiwiteit is om tyd saam met my vriende en familie deur te bring. Ek geniet dit ook om te teken en te bak-en-brou.
One Reply to “Lofsang eggo in HSB-skoolsaal”
Sjoe, dis so oulik om die kleintjies voor in die koor te sien. ?