Leah: sukses volg haar waar sy gaan

Leah: sukses volg haar waar sy gaan


Die Suid-Afrikaanse musikant, sangeres, aktrise en TV-aanbieder, Leah, gesels oor haar loopbaan en die groot bydrae wat sy maak tot die bedryf.

Sy is gebore en het grootgeword in Bellville in die Wes-Kaap. Sy is geseën met baie talent. Haar debut album Wonderwerk is baie suksesvol. Sy speel ook die hoofrolle in As jy sing en Susters en bied tans Lottoland help ‘n dorp aan. Sy het eers ‘n B.Com graad in Regte verwerf. Sy is ‘n aanhanger van Taylor Swift en Ed Sheeran.

Haar loopbaan het begin toe sy eers B.Com wou studeer en toe in die vermaaklikheidsbedryf wou wees. Sy het by die Waterfront Teaterskool studeer.

“My eerste groot rol was in As Jy Sing in 2013. In 2015 is my eerste album Wonderwerk uitgereik. Om op die verhoog te wees en te sien en hoor hoe die gehoor saam met my liedjies sing, is die lekkerste deel van dié loopbaan… Dit is mal!

My eerste betaalde vertoning was toe ek deel was van Rocking The Rainbow by Carnival City in 2010. Ek het net een solo gesing, maar dit was ‘n wonderlike leerskool en ‘n baie goeie fondasie vir my loopbaan.”

Leah se beroep vereis min slaap en om baie van die huis af weg te wees. Die inspirasie vir haar musiek is goeie samesyn.

Sy skryf nie al haar musiek self nie, maar saam met Johan Vorster. Haar onlangse treffer “Ek like jou” is saam met Roux Cloete, met Universal Music wat haar musiek verwerk en uitgereik het. Haar bestuursmaatskappy is Co-productions

Leah is onlangs benoem as Willem Botha Beauty se ambassadeur om grimmering te modelleer en te bemark.

Leah met haar man, Hennie.

Volgens Leah vereis haar loopbaan harde werk, maar dit is haar passie. “’n Mens doen dit nie om ‘bekend’ te wil wees nie, jy doen dit omdat jy NIKS anders WIL doen nie. Mense verstaan jou nie altyd nie en oordeel hard, maar ek het geleer om altyd ‘true to myself’ te bly. Die grootste voordeel is dat ek my droom kan uitleef!” Sy bemin die ondersteuners wat haar musiek en menswees liefhet.

Haar raad aan Bonnies is dat jy jou voete op die grond moet hou en na die sterre moet reik, maar dat jy 100% jouself kan wees. Dan sal daar geen kompetisie wees nie. Sy bedank almal wat haar musiek ondersteun. Sy waardeer elkeen.

Haar loopbaan groei steeds. Sy is tans die aanbieder van Lottoland help ‘n dorp waar sy klein dorpies regoor die land transformeer. Haar nuwe enkelsnit “Aanhou” se musiekvideo het reeds 140 970 kyke op YouTube in drie maande! Vêrder tree sy op en skep vermaak oral waar sy gaan.

Gaan luister gerus na haar nuwe liedjie Aanhou.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

18 − fifteen =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights