Kunsmatige Intelligensie: Nader as wat jy dink
Kunsmatige Intelligensie is die skep van mensgemaakte intelligensie deur ‘n elektroniese toestel in staat te stel om die vermoëns van ‘n menslike verstand na te boots.
Kunsmatige Intelligensie (KI), of Artificial Intelligence (AI) in Engels, hou reeds vele voordele vir die mensdom in. Elektroniese toestelle maak min tot geen menslike foute nie en verwerk meer akkurate resultate as die gemiddelde individu. Dit gebruik inligting met die verloop van tyd om die beste moontlike besluite te kan neem en wil ook nie Kersfees vier of siek word nie. Of in hierdie geval: Kovid-19 kry nie.

Daar is ongelukkig ook ‘n paar nadele by KI betrokke. Die ingewikkeldheid en skep van ‘n toestel wat menslike logika kan naboots, verg hope tyd, kennis en hulpbronne. Nie een van hierdie vereistes is goedkoop nie. Hierdie nagebootse “mense” funksioneer ook slegs soos hul geprogrammeer word, wat onkreatiwiteit tot gevolg het.
Alhoewel hierdie toestelle die produktiwiteit van duisende instansies kan verbeter, het ‘n studie van McKinsey vasgestel dat robotte teen 2030 minstens 30% van menslike arbeid sal vervang. Dit voorspel ‘n groot toename in werkloosheid.
Vir die meeste van ons klink die realiteit van robotte en kunsmatige intelligensie soos ‘n realiteit in die verre toekoms. Of so dink ons…

Sophia, die eerste KI-humanoïed, het ons aan die werklikheid van KI voorgestel toe sy die hele wêreld met haar onmiskenbare menslike ooreenkomste geskok het. Twee van HSB se leerders het op ‘n video van Sophia gereageer:
Kyk gerus self hier na Sophia:

Ek is tans ‘n matriekleerder in HSB wat die voorreg het om op die beste skoolkoerantredaksie in die land te dien! Ek is mal oor skryf en het ‘n passie daarvoor om my menings, gevoelens en standpunte uit te druk. Ek hou daarvan om op te staan vir dit waarin ek glo. Ek is ook mal oor musiek, veral as dit liedjies met ‘n dieper betekenis is.
2 Replies to “Kunsmatige Intelligensie: Nader as wat jy dink”
Dit is regtig baie interessant, sal graag meer wil uitvind.
Baie goed geskryf! 🙂