Kovid-inentings begin in SA

Kovid-inentings begin in SA


SA is besig met ‘n groot inentingsproses teen Kovid-19. Foto: internationaldisabilityalliance.org

Op die 17de Febraurie 2021 het die Suid-Afrikaanse president, pres. Cyril Ramaphosa, op gov.za aangekondig dat 80 000 Johnson & Johnson-entstowwe gereed is en regoor Suid-Afrika versprei gaan word.

Die Koronavirus het mense se lewens in gevaar gestel. Dit was die rede vir oorbevolkte hospitale en sterftekoerse.

“Dit is die begin van ‘n nuwe era en fase vir die ontplooiing van die entstowwe en redding van ons mense,” was pres. Ramaphosa se woorde. Met ander woorde minder sterftes a.g.v. die koronavirus.

Die doel van die entstowwe is om mense se immuunstelsel te ontwikkel om hulle te kan beskerm teen siektes. Die inentings help jou liggaam om teen die virus te veg wanneer jy daaraan blootgestel word.

In Kuier van 21 Jaunarie 2021, in ‘n berig geskryf deur Marteli Brewis, sê sy dat die doel van die inentings ook is om 70% van die bevolking in te ent sodat die oordragingsiklus verbreek word.

Volgens who.int is die newe-effekte van die intentings die volgende: koors, moegheid, hoofpyn, spierpyn, koue rillings, diarree en pyn by die inspuitplek. Die newe-effekte is egter korttermyn van aard.

In Kuier bespreek Marteli Brewis verder ook die verskillende entstowwe wat daar beskikbaar is. Die tipes entstowwe is: Pfizer-BioNTech, Morderna, Gamaleya, Oxford-AstraZeneca, CanSino en Sinopharm.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is die entstowwe veilig.

Selfs SA se president is ingeënt en het op iol.co.za/news/politics gesê: “It was just a prick.”

Loading


2 Replies to “Kovid-inentings begin in SA”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

2 × two =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights