Kovid in die dieretuin
Vanwyk de Wet (gr. 8) van Hoërskool Bonnievale het sy kategorie in die FAK Internasionale Ekspo gewen. Sy gedig “Kovid in die dieretuin” is as die beste poësie-inskrywing in graad 8 aangewys. Hy het deelnemers in Suid-Afrika, Namibië en Nieu-Seeland uitgestof.
Kovid in die dieretuin
Meneer de Beer, het u gesaniteer?
Blouwildebees – masker oor jou neus!
Oom Olifant het tussen die skape beland
(Jammer, dis irrelevant.)
Ratel lê siek in die katel
Vlermuis is lewenslank gehok in sy huis.
Die bok staan op sy tone
en bly in die 1.5 meter sone.
Muskiet isoleer verniet
hy het gehoop die werk wil hom verbied
Die Haan hoes almal wakker om sewe
Hulle dink hy gaan nie lank lewe.
Haas das se nuuskas
het almal met fase 4 inperking verras
Zebra is self ‘n perd van ‘n ander kleur
(Wat beteken dit nou weer?)
Jakkals het al weer fopnuus versprei
Wolf gaan hom nog eendag in die hande kry.
Renoster is dramaties,
want die nagapies is almal asimptomaties.
En so het Kovid verspei
Niemand kon dit vermy
Selfs die diere is in rou
Vaksineer die spul – sommer nou!


Ek is.