Klaskamerkokke van formaat
Hoërskool Bonnievale (HSB) se gr.6-leerders het onlangs aan beoordelaars bewys dat hulle kán kook.
Op 13 Februarie 2020 het die gr.6’e ‘n MasterChef-komptetisie gehou. Daar was ‘n groot verskeidenheid disse: van hamburgers en biltongpasta tot Crème Brûlée en gekrummelde sampioene wat die beoordelaars verras het.
Nege groepe moes teen mekaar meeding. Die wenners van die kompetisie was Groep 8, met Jamie-lee Windvoël, Anina Visser, Elsebeth van Staden en Hannelo Viljoen wat met indrukwekkende disse gespog het. Mev. Anette Swanepoel (koshuismatrone), mnr. Johan Els (skoolhoof) asook mnr. en mev. Darius en Githe van Loggerenberg (laerskoolonderwysers) het die kompetisie beoordeel. Dit was, soos elke jaar, vir hulle ‘n moeilike besluit om ‘n wenspan te kies.
Die gr.6’e het een week gehad om hul disse te beplan. Die finale produk is in ‘n klaskamer voorberei, waarvoor leerders drie periodes gekry het. Al die deelnemers was soos professionele sjefs geklee.
Die MasterChef-kompetisie is deel van die gr.6’e se Natuurwetenskap- en Tegnologietaak wat handel oor metodes van voedselverwerking. Hulle moes daarby ook hul eie resepteboek inhandig, wat ‘n redelike uitdaging vir die leerders was.
Volgens mnr. Francois Hattingh, die gr.6-onderwyser wat met die MasterChef-idee vorendag gekom het, was die kos uitstekend voorgesit. Hy voeg by: “Die leerders en beoordelaars het dit baie geniet.”
Die groepe het uit vier kokke bestaan, wat elkeen hul plig gehad het. Die foto’s volg onder met die leerders se name as volg, van links na regs op die foto:
Groep een: Denzil Noble, Jadin Maloney, Daniël Rossouw en Kaiden Kortjie.
Groep twee: Asheeqah van Rensburg, Renatha Damons, Amber Mias en Anronette Basjan.
Groep drie: Jada lee Lagori, Lehané Swart, Keziah Steyn en Jodi Ann van der Merwe.
Groep vier: Willnecia Wentzel, Lindsay Snyman, Benay Jeneke en Xavier Jacobs.
Groep vyf: Kyle Kuhn, Lee Agon Rono, Jaden Windvogel en Dalen Witbooi.
Groep ses: Janet Prins, Nicola van der Westhuizen, Jayden Taylor en Leila Thomas.
Groep sewe: Franco Venter, Cuwin Padiaghy, Aydon Willemse en Clinton Saaiman.
Groep agt: Jamie Lee Windvoël, Anina Visser, Elsebeth van Standen en Hannelo Viljoen.
Groep nege: Anke Hattingh, Letichia Simons, Emma Leigh Harper en Monique Raubenheimer.
Kyk gerus hierna om ‘n paar vinnige resepte wys te word:

Ek is ‘n trotse leerder van Hoërskool Bonnievale. Tussen my familie en naaste vriende is ek op my gelukkigste. Ek is mal oor uitdagings en ek is baie lief vir my moedertaal.
One Reply to “Klaskamerkokke van formaat”
Dis seker die beste aktiwiteit wat in graad 6 gebeur ?