Kies gerus “The Chosen”

Kies gerus “The Chosen”


Simon Pertus (vertolk deur Shahar Isaac) en The Chosen se handelsmerk. Foto: press.thechosen.tv

Die Covid-19 pandemie het sedert Maart vanjaar veroorsaak dat gesinne wêreldwyd aansienlik meer tyd op hande gehad het. VidAngel Studios se tydsberekeing was briljant toe hulle besluit om hul reeks, The Chosen, se eerste seisoen op sy eie toep gratis aan alle mense regoor die wêreld bekend te stel.

The Chosen is ‘n reeks wat bestaan uit een seisoen van agt episodes, met die oog daarop om agt seisoene in totaal te skiet.

Dit is ‘n crowd funded-projek wat staatmaak op die publiek om die reeks te befonds. Dit is tot op hede die bes ondersteunde crowd funded-filmprojek en het vir seisoen een $10.4 miljoen van meer as 16,000 ondersteuners ontvang.

Die draaiboek is baie goed geskryf en al die karakters se stories is inmekaar verweef, sonder om die storielyn se integriteit skade aan te doen. Hulle beeld ook die persoonlikhede van elke karakter baie akkuraat uit. As ek nou die Bybel lees kan ek in my geestesoog byvoorbeeld sien hoe Petrus bereid is om die een oomblik saam met Jesus te sterf en dan kort daarna Hom weer verloën.

‘n “Streaming” webwerf wat jou toelaat om sekere onaanvaarbare dele uit flieks te haal. Foto: sltrib.com

Ek vang myself dat as ek nou die Bybel lees, ek onwillekeurig die dissipels se gesigte en persoonlikhede oproep en raak die mense in die Bybel ook vir my lewendig. Hulle was gewone mense met gewone uitdagings soos ek en jy. Met Jesus se karakter is dit egter anders. As ek van Jesus in die Bybel lees, duik die akteur se gesig nie eerste in my gedagtes op nie. Ek verkies dit so.

Anders as die meeste flieks oor Jesus se lewe op aarde, fokus The Chosen meer op Jesus se menswees en sy verhoudings met almal rondom Hom. Die feit dat God aarde toe gekom het en die vorm van ‘n mens aangeneem het, is nou baie meer van ‘n werklikheid vir my.

Die enigste kritiek wat ek kan lewer, is dat die eerste episode die gebrokenheid van ‘n eerste eeuse Romeinse stad baie realisties uitbeeld en is dit in my opinie nie geskik vir jong kinders nie. Ons gesin het episodes twee tot agt saam met my vierjarige boetie baie geniet, so moenie dat episode een jou afskrik nie. Jy kan selfs by epsisode twee begin as jy dit sou verkies. Ek het episode een heel laaste gekyk en ek verseker julle dat ek nogtans die storielyn maklik kon volg.

VidAngel Studios raai die kyker sterk aan om self die evangelies (Mattheus, Markus, Lukas en Johannes) te lees. Dit gee konteks aan die storielyn en hulle poog nie om die evangelies met die film te vervang nie.

Ek sal enige gesin aanraai om The Chosen as hulle movie night-reeks te kies.

Om die toep op jou foon af te laai klik hier!

Klik hier vir The Chosen se YouTube-kanaal!

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

5 × 5 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights