Jeugweek: treffer onder talle

Jeugweek: treffer onder talle


Die pamflet wat die Jeugweek adverteer het. Foto: Alèza van Zyl

Wat kan tog beter wees as om die Here te dien saam met jou vriende? Vanaf Sondagaand 27 Januarie tot Donderdagaand 31 Januarie 2019 het die jaarlikse Jeugweek in Bonnievale plaasgevind.

Boodskappe wat jou laat voel hoe die Here by jou is en hoe Hy met jou praat, is gelewer.

Daar was liedjies soos No longer a slave, wat jy uit volle bors kon saam sing en aande wat almal geniet het. Hierdie is die beste manier om tieners te betrek.

Elke aand, vir ‘n week, om halfsewe tot agtuur het die NG Kerk Vandermerwe die Jeugweek in die kerksaal aangebied. Hierdie is nou al die vierde jaar wat dit plaasvind.

Vanjaar is die boodskappe deur ds. Jandré Viljoen gelewer.

Ek het elke sekonde daarvan geniet. Die boodskappe wat ons as tieners ontvang het, was wonderlik en jy kon elke woord volg wat gesê is. Ek het veral die liedjies baie geniet, want almal het saam gesing en die Here geloof.

Ek sal jonk en oud aanraai om in die toekoms te gaan, want ons is maar net een maal jonk en as jy dit mis, gaan jy baie spyt wees.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

twenty + 5 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights