IGO-droom vir Bonnies word waar

IGO-droom vir Bonnies word waar


Cornelis Oosthuizen (gr.12) besig om te teken tydens ‘n IGO-klas. Foto: Mia Beukes

IGO (Ingenieursgrafika en Ontwerp) word vanjaar vir die eerste keer by Hoërskool Bonnievale (HSB) aangebied.

IGO word deur mnr. Shawn Will, wat ook HSB se nuwe skoolberader is, aangebied.

Dit word slegs vir ervaring aangebied en geen akkreditasie word daarvoor ontvang nie.

Deur IGO te neem, sal leerders basiese grafiese tekenvaardighede aanleer. Dit sal vir hul voordelig wees as hul eendag kursusse soos Ingenieurswese of Argitektuur wil studeer.

Leerders in gr.10-12 is die geleentheid gegee om IGO te neem. Maandae na skool sal hiérdie leerders klasse bywoon. Toerusting soos ‘n tekenbord, driehoeke, passers, sirkels en gradeboë word benodig.

Abraham Wentzel (gr.11) het besluit om hierdie vak te neem en het die volgende te sê oor die jaar wat voorlê: “Ek is baie opgewonde, want al die omliggende skole het IGO en nou het ek ook ‘n kans om tekenvaardighede te leer. Ek wil Ingenieurswese studeer; daarom sal IGO vir my ‘n goeie basis wees vir wanneer ek sketse gaan moet teken.”

Volgens mnr. Will is IGO beslis die moeite werd om te neem: “As ek nie gedink het dat dit die moeite werd is nie, sou ek dit nie aangebied het nie.” Hy voel dat ervaring harder praat as enige kwalifikasie of sertifikaat.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

19 + 11 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights