Hoofleiers het hoë verwagtinge

Hoofleiers het hoë verwagtinge


HSB se nuwe hoofleiers vir 2020, Rachelle du Preez (links) en Ruach Wessels (regs). Foto: Alèza van Zyl

Anja du Plessis van Voorwaarts het op 30 Oktober 2019 ‘n onderhoud gevoer met Rachelle du Preez en Ruach Wessels, die hoofleiers van Hoërskool Bonnievale (HSB) vir 2020.

Hoe het jy gevoel toe jy aangekondig word as hoofseun/hoofmeisie?

  • Rachelle: Ek het so effens lam gevoel en asof ek in ‘n droom was, maar baie gelukkig.
  • Ruach: Dit was groot. Dit het nie onmiddellik ingesink nie en ek het nie geweet wat om te voel nie.

Waarna sien jy uit in jou termyn?

  • Rachelle: Ek sien uit daarna om as deel van ‘n groep leiers ons stempel af te druk op HSB en om iets by te dra wat betekenisvol sal wees vir ander mense.
  • Ruach: Ek sien uit daarna om groot goed te doen en die trui beter te los as wat ek dit gekry het.

Hoe sal jy die VRL wil verbeter?

  • Rachelle: Ek is baie opgewonde om saam met die VRL te werk, want ek dink dis ‘n besonderse groep leerders. Ek sal graag wil hê dat ons as ‘n groep in die geheel moet saamwerk en nie net as afsonderlike komitees nie. Ek dink dit kan gedoen word deur die kommunikasie en verdeling van pligte tussen die komitees te verbeter.
  • Ruach: Ek voel die sisteem van die VRL is op ‘n goeie plek en alles werk vir my goed. Ek wil dit veral ’n lekker jaar maak vir almal en sal alles in my vermoë doen om dit reg te kry.

Wat dink jy laat Hoërskool Bonnievale uitstaan?

  • Rachelle: Ons pragtige skoolgronde en ons vooruitnemendheid. Die skool is heeltyd besig om nuwe dinge te ontwikkel en sake staan nooit stil by HSB nie!
  • Ruach: Ek voel die leerders self. Hoe ons van verskillende plekke af kan kom en so saamstaan. Of dit nou in sport of by die skool self is.

Watter verandering wil jy aan Hoërskool Bonnievale bring?

  • Rachelle: Die enigste verandering wat ek wil bring, is die verandering waarvan Dr. Gillian Arendse [die gasspreker by die matrieks van 2019 se uitstapseremonie] gepraat het: “Leave the jersey better than you found it.”
  • Ruach: Ek het vir seker planne, maar dit strek vanaf die klein goedjies na die groter goed. Om die gees van die skool te bevorder is ook een van hulle.

Hoe dink jy kan Hoërskool Bonnievale se deelname verbeter?

  • Rachelle: Na my mening, is dit net ‘n kwessie van leerders wat die geleenthede moet aangryp wat vir hulle gebied word.
  • Ruach: Ek glo juis as die gees verbeter sal die deelname met 100% toeneem. Ek is bereid om veral in daardie gebied te werk.

Wat dink jy veroorsaak die dissiplinêre probleme in skole?

  • Rachelle: Kinders wat sukkel om gesag te aanvaar en om opofferings te maak. As ons nie by die huis leer om respek te hê nie, sal ons dit nie by die skool hê nie.
  • Ruach: Dit is ongelukkig die huis waaruit jy kom wat vir jou dissipline moet leer. Maar ek voel generasie na generasie vererger die dissiplinêre probleme in skole.

Wat is jou mening oor gr. 8’s wat nie meer ontgroen mag word nie?

  • Rachelle: Ek dink dit skep ‘n geleentheid vir matrieks om op ‘n nuwe manier verhoudings te bou met die gr. 8’s.
  • Ruach: In ontgroening was respek en dissipline altyd aan juniors geleer deur seniors. ’n Skool was beter af daarmee omdat dit oorgespoel het na sport en klaskamers.

Wat beteken die hoofleierposisie vir jou?

  • Rachelle: Dit beteken vir my dat baie mense vertroue in my en my medeleiers het. Ons sal graag hard wil werk in ons termyn om op so ’n manier dankie te sê vir die geleentheid om ‘n verskil te maak in HSB.
  • Ruach: Dit beteken vir my ’n geleentheid om myself te bewys. Ekvoel geëerd.

Wat is jou doelwit vir die 2020-termyn?

  • Rachelle: Om met uitnemende leierskap en spanwerk die Here se Naam te verheerlik.
  • Ruach: Ek wil verandering implimenteer na die beste van my vermoë om almal positief te beïnvloed.

Loading


One Reply to “Hoofleiers het hoë verwagtinge”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

twenty − 5 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights