Hare op tande vir Kovid-19 nodig
My ma sê altyd, ‘n mens moet “hare op jou tande hê” wanneer sy moeilike situasies moet hanteer of as haar geduld beproef word. Die “nuwe normaal” van skool, wat Kovid-19 teweeg gebring het, het hierdie Afrikaanse spreekwoord betekenis kom gee!
Leerders se maskers is vandag ‘n groter “moet hê” as jou wiskunde handboek. Skielik het ‘n vyf minute screening voor skool die uithang saam met vriende agter die badkamers vervang, en handsaniteermiddel is onverwags ‘n nuwe modegier!
Boonop het ons meer weeksdae tuis om ons ouers grys hare te gee, eerder as vir meneer en juffrou. Onnies wat pouses skoolgronde patroleer, is nie meer daar om vir Jannie van Sannie weg te hou nie, maar om seker te maak dat sosiale distansiëring toegepas word.
Leerders van graad 8-11 is die volgende vraag gevra: Hoe ondervind jy tans die “nuwe normaal” van skool?
Robin Prins, Graad 8
Marianna Jonker, Graad 9
Téo Mouton, Graad 10
Johané Neetling, Graad 11

Ek is ‘n gebore Bonnievaler en leerder in Hoërskool Bonnievale met ‘n passie vir sport. Ek hou van sosiaal wees en tyd saam met my vriende deurbring.