Ek is oukei, almal voel so

Ek is oukei, almal voel so


‘n Oorweldigende gevoel van stres as jy in die oggende wakker word. ‘n Verlies van fokus met gewone alledaagse take. ‘n Skielike gevoel van geluk, hartseer of selfs woede. Die feit dat jy elke oggend jou tande twee keer moet borsel, een keer vertikaal en een keer horisontaal. Wat as almal nie so voel nie. Is jy werklik oukei?

Ongeveer 450 miljoen mense ly tans aan een of selfs meer geestesversteuringe. Dit plaas geestesversteurings wêreldwyd onder die belangrikste oorsake van swak gesondheid. 

Volgens ‘n nuwe studie, gepubliseer deur die Suid-Afrikaanse Depressie en Angs Groep (SADAG), het die aantal gemoedsversteurings en selfmoordverwante uitkomste die afgelope dekade aansienlik onder elf tot agtienjariges  toegeneem.

Geestesongesteldheid, ook genoem geestesgesondheidsversteurings, verwys na ‘n wye verskeidenheid geestesgesondheidstoestande. Voorbeelde van geestesongesteldheid sluit in depressie, angsversteurings, skisofrenie, eetversteurings en verslawende gedrag.

Jou gedagtes kan soms oorweldigend wees. Illustrasie deur Jana Coetzee.

Wat is swak geestesgesondheid?

Eenvoudig gestel, dit is wanneer ons geestesgesondheid nie is wat ons wil hê dit moet wees nie. Dit kan moeilik wees om te bestuur hoe ons dink, voel en optree met betrekking tot daaglikse spanning.

Hierdie kan tekens van swak geestesgesondheid wees. Deurlopende episodes van swak geestesongesteldheid kan ‘n probleem wees.

Hoewel geestesongesteldheid in jou brein voorkom, raak dit jou hele liggaam. Chroniese geestesongesteldheid kan lei tot liggaamlike pyn wat geen fisiese oorsaak het nie.

Bewyse het voorgestel dat oefening dikwels ‘n verwaarloosde intervensie in geestesgesondheidsorg kan wees. Daar is bewys dat aërobiese oefeninge insluitend draf, swem, fietsry, stap, tuinmaak en dans, angs en depressie verminder.

Kwessies soos angs, depressie, bipolêre versteuring en PTSV kan beslis persoonlikheidsveranderinge veroorsaak. Geestesongesteldheid kan die gevolg wees van ‘n aantal faktore, waaronder ervaring, genetika of selfs liggaamlike besering of siekte.

Waarvoor om uit te kyk:

  • Langdurige hartseer of geïrriteerdheid.
  • Uiters hoë en lae buie.
  • Oormatige vrees, bekommernis of angs.
  • Sosiale onttrekking.
  • Dramatiese veranderinge in eet- of slaapgewoontes.
  • Ongewone moegheid, lae energie of slaapprobleme.
  • Verwarde gedagtes of verminderde konsentrasievermoë.
  • Sterk gevoelens van woede.

 

As jy of iemand wat jy ken enige van hierdie bogenoemde simptome toon, kontak een van die volgende hulplyne of praat met jou skoolberader:

SADAG Geestesgesondheidslyn: 011 234 4837

Verkragtingskrisis Kaapstad: 021 447 9762

Suid Afriaanse selfmoordlyn: 080 056 7567 

Hulplyn vir dwelmmisbruik: 080 012 1314

ADHD-hulplyn: 080 055 4433

Kliek hier om jou geestelike gesondheid beter te verstaan:

 

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

ten + sixteen =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights